Die ietermago is die dier waarmee amptelik die meeste op die swartmark gesmokkel word. Nou kry die hoogs bedreigde, skugter diertjie sy oomblik in die kollig.
Wees op die uitkyk vir die dokumentêre prent Pangolin: Kulu's Journey, wat pas op Netflix begin wys het.
Dit speel in Suid-Afrika af en is die storie van 'n baba-ietermago en die man wat hom help red het en rehabiliteer.
Regisseur Pippa Ehrlich was ook vir die Oscar-bekroonde My Octopus Teacher verantwoordelik.


















