Bialetti Moka Express-perkoleerder

Die Italiaanse puris
Alfonso Bialetti se koffiepot werk so: Vul die onderste tenkmet water en skep fyngemaalde koffiebone in die koffiemandjie. Plaas die potop vuurwarm kole of bo 'n gasvlam. Die water kook en die stoom stygdeur die gemaalde bone. Koffie versamel dan in die tenk aan die bokant.Hy maak genoeg koffie vir een beker.
Volume 200 ml
Prys R699 by Cape Union Mart
AeroPress-dompelaar

Die vindingryke Amerikaner
Plaas 'n papierfilter in die filtermandjie, skroef die mandjieonderaan die silinder vas en skep gemaalde bone in die silinder, gevolg deurkookwater.
Plaas die toestel bo op 'n koffiebeker, druk die suier bo in diesilinder en stoot die suier afwaarts sodat jy die kookwater deur die koffieboneen die papierfilter dwing tot in jou beker.
Volume 296ml
Prys R849 by Outdoor Warehouse
Home Connection Cafetiere-dompelaar

Die romantiese Fransman
Skep gemaalde koffiebone in die Pyrex-glasbeker, gooi kookwater by engee die koffie tyd om te trek. Druk die dompelaar af en skink die koffie in'n beker. Die koffiewater is meer troebel as dié van 'n Bialetti-perkoleerder,maar 'n Franse dompelaar gee jou meer beheer oor die brouproses en jy kanjou koffie sterker kry.
Volume 300ml
Prys R95 by Camp & Climb
Stanley-oorlooptregter

Die hardebaard skrynwerker
Die sogenaamde pour over-metode behels dat jy kookwater oorgemaalde bone binne 'n tregter skink en wag dat die water deur'n papierfilter tot in jou koffiebeker syfer.
Stanley se tregter gebruik 'n metaalfilter eerder as papier, en methierdie model kry jy op die koop toe 'n beker. Dis 'n gawe geskenkvir Vadersdag.
Volume 350ml
Prys R899 by Outdoor Warehouse
Cezve-brouer

Die tradisionele Mediterreen
Dié oeroue keteltjie staan ook bekend as 'n ibrik. Jy skepfyngemaalde koffiebone - so fyn as moontlik - in, gooi 'n bietjie water by en plaas die keteltjie in die vuur.Sodra die koffie kook en dreig om uit te borrel, haal jy hom uit die kole enskink alles net so in 'n koffiebeker. Die koffie is sterk verby en effensmodderig.
Volume 350ml (N8)
Prys R1199 by CapeCoffee Beans
B&CO Cafetiere Press-beker

Die eenmansaak
Hierdie beker werk presies soos die Franse dompelaar hierbo, maar daar'seen groot verskil: Jy meng die bestanddele by jou kampplek, klim in jou kar envertrek op jou wildrit. Ná 'n paar minute druk jy die dompelaar af, maarpleks daarvan dat jy die koffie skink, maak jy 'n klep oop en drink jouvarsgebroue koffie direk uit die beker.
Volume 380ml
Prys R349 by Camp & Climb
Natural Instincts-12V-ketel

'n Ketel vir jou kar
Hier is nóg 'n manier om koffie te maak in jou ryding. Jy prop diekoord by die 12V-sok in ensiedaar: Jy't 'n elektriese ketel.
Die element werk met min elektrisiteit en dit neem dus 'n tydjievoor hy kook, maar dis nuttig as jy warm water soek en nie lus voel omdie gasstoof uit te haal of 'n vuur aan te steek nie.
Volume 400ml
Prys R349 by Outdoor Warehouse
Kelly Trekker-ketel

Interessante Ier
Dié Ierse uitvindsel werk soos volg: Gooi water in die wand van'n hol silinder en maak 'n vuurtjie in die bakkie onder die silinder.Die vlamme draai soos 'n warrelwind binne die "skoorsteen" en jy voed dievuur met stokkies wat jy van bo af ingooi. Jy kan 'n pan bo die skoorsteenstaanmaak en sommer terselfdertyd jou ontbyt gaarmaak.
Volume 600ml
Prys Op aanvraag by Cutting Edge
Firemaple Feast-T3-ketel

Die avontuurlistige Chinees
Dis 'n gewone keteltjie van aluminium - onthou, dié metaal raakvinniger warm as staal. Jy kook genoeg water vir twee groterige koffiebekershierin, en hy's lig en klein genoeg vir stappers. Die Chinese uitvinder enbuitelug-entoesias David Lv sê die ketel is eintlik 'n teepot, maar jy kanuiteraard ook koffiesakkies in hom gebruik.
Volume 800ml
Prys R249 by Takealot
Jetboil Flash-ketel

Haastige Amerikaner
Hierdie toestel kan 1l water kook binne 100 sekondes! Ons weet nie waarom jy soongeduldig sou wees nie, maar as jy is, dan moet jy beslis 'n Jetboiloorweeg. Hy kook nie net water vir jou koffie nie; jy kan selfs pasta ofvriesdroogkos in die pot gaarmaak. Hy's veral geskik vir stappers en motorfietsryers.
Volume 1l
Prys R2999 by OutdoorWarehouse
Highlander-kampketel

Die fluitende Skot
Die Skotse vervaardiger Highlander se kampketel word van aluminiumgemaak, nes die FireMapel hierbo, maar dié ketel fluit sodra die water kook.Dis nuttig sodat jy nie dalk vergeet en al die water uitkook nie. Hy't'n plastiekhandvatsel met 'n snellermeganisme waarmee jy die tuit seklep oopmaak.
Volume 1l
Prys R295 by Camp & Climb
GSI Glacier-perkoleerder

Borrelende Kanadees
Dié perkoleerder werk só: Jy skep koffiepoeier in 'n metaalmandjieen plaas die mandjie in die ketel (jy't nie 'n papierfilter nodig nie).
Hou die deursigtige knoppie bo-op die deksel fyn dop. Borrels beginbinne die glasknoppie bars - hoe bruiner die borrels, hoe sterker jou brousel.
Volume 1,3l
Prys R1149 by CampCraft
360°-silikoonketel

Opvou-koffiemaker
Hierdie ketel word van hittebestande silikoonrubber gemaak. Hy vou kleinop - net reg as jou pakplek beperk is. Die metaalboom werk op'n induksieplaat, gewone elektriese stoofplate én 'n gasvlam (mits jynie die vlam té groot oopdraai nie). Hou hom liefs ver weg van diekampvuur se oop vlamme.
Volume 1,75l
Prys R449 by Outdoor Warehouse
Campfire-gietysterketel

Die lywige Aussie
Dis 'n betreklik swaar outjie wat van dieselfde gietyster gemaakword as 'n driepootpotjie. Jy kan hom binne-in die kampvuur op warm kolegebruik sonder om bang te wees die vlamme gaan hom beskadig. Campfire is'n Australiese maatskappy van Queensland, en sy ketel kan 'n erfstukword as jy mooi na hom kyk.
Volume 1,9l
Prys R1195 by Camp& Climb
LK's-perkoleerstel

Die slim Suid-Afrikaner
Hierdie is 'n puik produk van ons eie LK's. Hy's bedoel vir'n kampvuur en kan genoeg koffie maak vir agt bekers (jy kry vier saam metjou stel). Jy kan die perkoleerdermandjie uithaal, dan het jy 'n gewoneketel vir die skottelgoedwater. Dié ketel is op sy mooiste met 'n duik oftwee en 'n swartgebrande boom wat wys hy word gereeld gebruik.
Volume 2l
Prys R599 by Cape Union Mart
Camp Master-fluitketel

Die kampmeester
Die ketel is van staal gemaak, maar hy weeg verbasend min. Hy hou 2l water en sy tuit fluit sodradie water kook nes Highlander se ketel hiernaas. Hy's te mooi om sommer so oor 'n oopvlam van 'n kampvuur te hang - sy handvatsel en tuit is boonop deels vanplastiek, maar jy kan hom beslis op 'n gastoof staanmaak.
Volume 2l
Prys R360 by Takealot
Infinity-vlekvryestaalketel

Hoërgraad kookwater
Hy weeg swaar, maar hy's gebou om vir ewig te hou. Die vlekvrye staal isaan mekaar vasgesweis en die ketel hou 3,3l water - genoeg vir 10 bekerskoffie. Hy's só swaar en duursaam dat jy hom as wapen kan inspan teen'n honger leeu. Infinity is 'n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk - ensy ketel onsterflik.
Volume 3,3l
Prys R1199 by OutdoorWarehouse
Hart-ketel

Ou staatmaker
Hierdie is 'n bekende handelsmerk sonder fieterjasies. As dieketels en koffiemakers op die res van hierdie blaaie té fênsie is vir jou, danis dit goed om te weet jy kan terugval op die eenvoud van 'n Hart - en hyis boonop die goedkoopste op hierdie blaaie. Die plaaslike maatskappy Hendler& Hart bestaan sedert 1892.
Volume 3,5l
Prys R195 by Camp & Climb




















