Foto's Cyril Klopper en verskaf
Met 'n daktent slaap jy lekker hoog bo die grond, weg vanongediertes af, maar die op- en afklimmery kan lol.
Nylontente weeg min en pak klein op, maar hulle raas in die wind en isdeur die dag warm.
Koepeltente van doekmateriaal sorg vir die beste nagrus en ongeëwenaardeduursaamheid.
Hier volg 'n dosyn puik koepeltente wat drie tot vyf mense kanhuisves.
Desert Products Bow

Kompak en bekostigbaar
Die naasgoedkoopste tent op hierdie blaaie het teoreties slaapplek vir4, mits almal bereid is om lepel te lê, maar ons beveel hom eerder aan vir'n paartjie met een kind.
Die seile is van 420gsm-ripstopmateriaal en die vloer van duursame 520gsm-PVC (gsm staan vir gramper vierkante meter en PVC vir poliviniel-chloried).
Die YKK-10cf-ritssluiters werk betroubaar en jy kry 'n losgrondseiltjie waarop jy jou skoene kan uittrek voor jy in die tent klim. Hy'ttwee vensters, 'n gleuf vir 'n kragkoord en sakkies binnelangs virpersoonlike items.
Afmetings 2,4 x 2,4m
Slaapplek 3
Prys R4615 by 4x4Mega World
Bushtec Safari

Huisie in die vreemde
Nes Desert se tent hierbo het Bushtec se Safari-tent slaapplek vir 3,hoewel 2 mense gemakliker gaan inpas.
Hy word gemaak van UV-bestande 420gsm-ripstopmateriaal en die vloer van 550gsm-PVC. Hy't twee vensterswat met muskietbestande maas bedek is, daar is ventilasiegleuwe in die dak, endie deur rits toe met 'n swaardiens ritssluiter.
Sy pale word gemaak van buigsame veerstaal, en wanneer jy hom verpak, isdie sak se afmetings 110 x 30 x 30cm. Die Bushtec Safari weegaltesame 27,2kg.
Afmetings 2,4 x 2,4m
Slaapplek 3
Prys R6250 by OutdoorMan SA
Camp Master Kgalagadi

Reënvaste vakansiekoepel
Hierdie tent weeg 28,5kg en sy afmetings is 130 x 24 x 26cm wanneer hy verpak is. Hyword gemaak van 360gsm-doekmateriaal en volgens die vervaardiger het hy'n waterkolomgradering van 1000mm.
Hy's effens groter as die vorige twee tente, maar 4 mense gaan steedsstyf teenaan mekaar moet lê.
Jy kry op die koop toe 'n reënseiltjie met 'n stoepafdakkie entwee vensters wat met maas bedek is om muskiete uit te hou.
Die muskietnet vir die ingang rol sywaarts oop. Makro gee'n eenjaarwaarborg op sy Camp Master-tent.
Afmetings 2,6 x 2,6m
Slaapplek 4
Prys R7500 by Makro
Bushtec Nomad

Nomadiese leefstyl
Bushtec sê sy Nomad is geskik vir 4 mense, maar die 3 x 3m-vloer kan selfs 5 mensehuisves as julle soos sardyne in 'n blik lê. Die tent weeg 34kg en sy verpakte afmetings is124 x 32 x 32cm.
Nes die kleiner Bushtec Safari hiernaas word die Nomad gemaak van 300gsm-ripstopmateriaal met'n waterkolomgradering van 550mm, en die vloer is van 550gsm-PVC.
Hy't ventilasiegleuwe in die dak - bedek met 'n reënseil - en diedeur rits toe met 'n swaardiens ritssluiter. Hy't twee vensters en'n ingang met maas om insekte uit te hou.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R6500 byTakealot
Tentco Savannah 5

Waarde vir geld
Die bekostigbaarste tent op hierdie blaaie is beslis nie afskeepwerknie. Hierdie tent word gemaak van UV- en skimmelbestande 260gsm-Howard-ripstopmateriaalen die vloer van 320gsm-PVC.
Hy's nie so rateltaai soos Tentco se ander tente nie, maar hy's goedgenoeg vir ligte gebruik en sonskynweer. Die tent weeg 23kg en sy verpakte afmetings is130 x 26 x 23cm.
Hy't 'n reënseil, een venster en 'n ingang met insekbestandemaas wat met YKK-ritssluiters toemaak. Die pale word van elektroplateerdeveerstaal gemaak.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R4 450 by Tentco
Campmor Sierra Standard

Goue standaard
Campmor sê sy Sierra Standard het slaapplek vir 4 mense, maar 5 kaninpas. Hy word gemaak van 320 gsm-ripstoppoliëster en het 'n 550 gsm-PVC-vloer.
Die tent weeg 20 kg sonder die pale en die sak se afmetings is 80 x 40 x 38 cm - ook sonder pale. 'n Reënselword verskaf en die nate is toegeplak met waterdigte some.
Die materiaal het 'n 2 jaar-waarborg en met die YKK-ritssluiters het jy 5 jaar se gemoedsrus.
Afmetings 3 x 3 m
Slaapplek 5
Prys R5 680 byFuturama
Falkson Adventurer 5

Drie, met gemak
Falkson sê sy vyfmantent is groot genoeg vir 3 opvoubeddens met matrasseen kleresakke, of 5 mense wat op die grond slaap.
Die tent word gemaak van 320gsm-ripstopmateriaal en die vloer van 550gsm-PVC. Die gegalvaniseerdepaaltjies is 8,5mm dik en dieritssluiter vir die ingang word deur YKK verskaf. Hy weeg 28kg en vou op tot 125 x 30 x 30cm.
Falkson sê verder dit duur sowat 15minute om die tent staan temaak. Hy't ook 'n haak onder die dak se nok waaraan jy 'n lantern kanhang.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R5500 by Falkson
Campmor Weekender

Dis naweek - kom ons duik!
Dis Campmor se intreevlakmodel, maar hy word nietemin gemaak van 320gsm-materiaal met 'n 550gsm-PVC-vloer. Die Weekenderhet slegs een venster, en dié het muskietbestande maas.
Daar is 'n gleuf by die ingang vir 'n verlengkoord. Dietentpensak het 14 reguit penne wat 5mm dik is. Die materiaal het 'n 2 jaar-waarborg en dieYKK-ritsluiters se waarborg hou vir 5 jaar.
Wanneer hy in sy sak opgerol is, is die afmetings 80 x 40 x 38cm. Hy weeg 22kg, maar dié gewig sluit diepale uit.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R7200 byCampcraft
Campmor Overlander

Gereed vir 'n landreis
Die Overlander het twee vensters met muskietbestande maas en'n reënstoepseil oor die ingang wat deur drie pale regop gehou word. Daaris sakkies onder elke venster vir persoonlike items en 'n gleuf by dieingang vir 'n elektriese koord.
Hy's gemaak van 320gsm-ripstoppoliëster en die vloer van 550gsm-PVC. Die tent weegaltesame 27kg en dieafmetings van die sak waarin jy hom bêre, is 80 x 40 x 38cm. Jy kry 20 tentpenne watelk 5mm dik en 300mm lank is.
Die toue het glimstroke sodat jy nie snags daaroor struikel nie.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R6600 by OutdoorWarehouse
Tentco Senior Wanderer

Elke aand op 'n ander plek
Tentco se Senior Wanderer word gemaak van 260gsm-Howard-materiaal en het 'n 440gsm-swaardiens grondseil. Hyweeg 24kg en dieafmetings in sy sak is 72 x 36 x 40cm.
Die pale word in 'n aparte sak van 122 x 16 x 8cm verpak. Hy staan 2,2m hoog sodat selfs langerategemaklik binne kan aan- en uittrek, en twee vensters sorg dat 'n bries opwarm dae kan deurtrek.
Nes die res van die tente op hierdie blaaie het hy ook 'n gleuf vir'n verlengkoord. Die materiaal is liggewig, wat die opslaanslagheelwat makliker maak.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R5500 by OutdoorWarehouse
Tentco Senior Safari Bow Deluxe

'n Erfstuk vir jou nageslag
Teen 33kg is dit dieswaarste tent wat ons hier wys, maar hy word gemaak van dik 330gsm-poliësterkatoen met 'n 540gsm-PVC-grondseil.
Hy't drie vensters wat van binne én buite af kan oopmaak, lugopeninge indie dak, swaardiens YKK-ritsluiters en 'n stoepdak wat deur twee paleomhoog gehou word.
Die pale is van vlekvrye staal wat nie sal roes nie, daar's vakkies virsleutels en 'n beursie onder die vensters, en die gebruiklike gleuf vir'n kragkoord. Hy's een van die taaiste tente op hierdie blaaie.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R7000 by OutdoorWarehouse
Campmor Safari Bow

Bielie van die Bosveld
Hy weeg 27kg sonder sypale en penne - dié word apart verpak, want hy word gemaak van duursame 400gsm-doekseil - die dikstemateriaal van al die tente op hierdie lys - en sy grondseil is 550gsm-PVC.
Jy kry 28 tentpenne (5mm dik en 300mm lank) en die pale is 8,3mm dik en met gebakte poeierverf behandel teen roes.
Sy stoep is nie net onder dak nie, maar daar is ook 'n kantseil omjou teen wind en weer te beskerm. Campmor verskaf ook 'n 80 x 45mm-net wat as vloermatjiedien.
Afmetings 3 x 3m
Slaapplek 5
Prys R6900 byFuturama



















