Buitelewe

Leserbrief: Moenie met Mamma mors nie!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Victor Luus
Foto: Victor Luus

"Ons het die Manapoele- nasionale park in Zimbabwe in 2018 besoek en het 10 dae in een van die satellietkampe langs die Zambesirivier deurgebring. Daar was deurentyd olifante in en om die kamp en ons het hulle goed leer ken.

Dié jong koei het 'n avontuurlustige kalfie van sowat vier maande oud gehad. Sy het haar vir ons vererg wanneer die kalfie te ver van haar af weggedwaal het en sou ons dan fopstormloop. Sodra die kalfie weer naby haar was, het sy ontspan.

My vriend Jaco Jordaan het in die kamp geskilder en was onbewus van die olifant agter hom. Ek het eers later vir hom daarvan vertel - dit sou te gevaarlik wees as hy op daai oomblik beweeg het."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM