- 1 kg - stowelamsvleis (nektjops en rib is heerlik)
- ’n paar eetlepels - olyfolie vir vlakbraai
- 1 - ui, gekap
- - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- ½ teelepel - bruinsuiker
- 1 teelepel - fyn komyn
- 1 teelepel - fyn kaneel
- 1 teelepel - gedroogte origanum
- 1 eetlepel - paprika
- 2 - knoffelhuisies, fyn gekap
- 1 teelepel - gerasperde vars gemmer
- 1 suurlemoen - se sap
- ’n bossie - vars koljander, blare en stingels apart
- ’n paar takkies - vars origanum
- 1 blik (400 g) - kekerertjies, gedreineer
- 1 blik (400 g) - gekapte tamaties
- 1½ koppie - vleisaftreksel
- 70 g - gedroogte pruimedante, ontpit en gekap
- ½ koppie - geroosterde amandels, grof gekap
1 Verhit die olie in 'n platboompot en braai die vleis tot oraloor mooi bruin. Roer die ui by en roerbraai verder tot geurig. Roer die speserye, knoffel, gemmer, suurlemoensap, koljanderstingels, origanum, kekerertjies en tamaties sowel as die aftreksel by. Bring die bredie tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Sit die deksel op en laat prut rustig vir 1 uur 30 minute.
2 Verwyder die deksel van die pot, roer die pruimedante by die bredie en laat prut oop vir nog 1 uur 30 minute totdat die vleis smeltsag is. Hou die bredie dop sodat dit nie droogkook nie. Voeg indien nodig nog 'n skeutjie aftreksel by.
3 Wanneer die vleis geurig en sag is, strooi die amandels en vars koljander oor en sit voor saam met koeskoes of rys.








