- 2 kg - ontbeende lamsboud, in 2 cm-blokkies gesny
- 2 - groen soetrissies, in 2 cm-blokkies gesny
- 1 - rooi-ui, middeldeur en in wiggies gesny
- 16 - suurlemoenblare
- - sout en witpeper na smaak
- - Vir die marinade:
- 2 - groot uie, in ringe gesny
- 1½ koppie - bruinasyn
- ½ koppie - kookwater
- ½ koppie - bruinsuiker
- 1 koppie - fyn appelkooskonfyt
- ½ koppie - blatjang
- 2 eetlepels - matige kerriepoeier
- 2 teelepels - borrie
- 1 eetlepel - mielieblom
- 1 - lourierblaar, gekneus
1 Maak die marinade. Smoor die ui in 'n bietjie water tot sag. Dreineer en meng dit met die asyn, kookwater,bruinsuiker, appelkooskonfyt, blatjang, kerrie en borrie en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut die mengsel vir 'n paar minute. Meng die mielieblom met genoeg water om 'n smeer te vorm en klits dit by die sous. Kook tot dit effens verdik. Laat heeltemal afkoel.
2 Giet die koue marinade oor die lamsvleisblokkies, voeg die lourierblaar by - ek sit 'n toontjie knoffel en 'n lepeltjie gerasperde gemmer ook by - en laat dit oornag in die yskas marineer. Die vleis kan vir tot 3 dae marineer mits dit met sous bedek is. Roer dit af en toe deur.
3 Ryg die vleis saam met die soetrissie, stukkies ui en suurlemoenblare op stokkies.
4 Braai die sosaties redelik vinnig tot net gaar. Geur dit na smaak met sout en peper.
Ry & Sleep sê
Jy kan brandrissie na smaak byvoeg en ook droë appelkose op die stokkies ryg.





