Buitelewe

Oulike strandgoed vir die sonvangers!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

North Face Mullet Brimmer

Net soos jou stewels, rugsak en stapstok is 'n goeie en gemaklikebreërandhoed een van daai goed wat op 'n lang staptog die verskil tussen 'nfoltering en 'n fees kan maak.

Maar soos Weg se stapghoeroe en redakteur van ons Stapgids,Sophia van Taak, tereg sê: " 'n Vol rugsak en die agterkant van 'n hoed watheeltyd teen mekaar stamp, is nie goeie pasmaats nie". Sy het haar al moeggesoek na 'n hoof-bedekking met 'n lekker breë rand voor en 'n flap agter wat'n mens se nek teen die son beskerm.

Dié hoed van North Face is 'n goeie oplossing. Dit lyk dalk soos diehaarstyl van 'n Australiese rugbyspeler, en soos met enige goeie mulletword die sake voorlangs gedoen terwyl die partytjie agterlangs gebeur. Dié hoedvan herwonne nylon is lig en bied 'n sonbeskermingsfaktor van 40+.

Prys R799 by https://superbalist.com/men/accessories/headwear/horizon-mullet-brimmer-tnf-black/1222572?clickRef=search_listingsuperbalist.com

Back 2 Nature Active Zinc (SBF 50)

Met alles wat ons vandag weet oor hoe skadelik die son vir jou vel engesondheid kan wees, is dit byna ondenkbaar om te dink jy kan dit buite waagsonder om eers goed sonroom aan te smeer.

Maar moenie net die eerste en goedkoopste sonroom van die rak af grypnie! Baie van hulle bevat sulfate en paraben ('n preserveermiddel) wat deur jouvel geabsorbeer word en glad nie goed is vir jou nie.

En as jy in die water speel, is daai sonroom wat in die see en rivierebeland, ook sleg vir die omgewing - veral vir koraalriwwe.

Back 2 Nature se sonroom word van natuurlike minerale, was en olies hierin Suid-Afrika vervaardig, en dit bevat geen toksiese middels nie. Dis water-en sweetbestand, en selfs die verpakking is bio-afbreekbaar.

Prys R265 by faithful-to-nature.co.za

Sportbrella Premiere

As jy die persoon is wat nie kan besluit of jy die strandtent ofstrandsambreel moet saamkarwei Stilbaai toe nie, is daar nou 'n antwoord virjou besluiteloosheid.

Ja, 'n groot tentsambreel soos hierdie los eensklaps 'n klompstranddilemmas op, en werk ook lekker langs die skool se krieketveld as jy 'nbietjie wil dut terwyl Ouboet in die bloedige son veldwerk doen.

Die sambreelgedeelte (SBF 50+) strek oor 2,5 m en daar is gaasbedektekantpanele om 'n briesie deur te laat. Die paal is 1,25 m lank, het 'n boorpunten kan gekantel word sodat jy die sypanele stewig met tentpenne kan anker. Dietentsambreel, agt penne en drie tenttoue word in 'n drasak gebêre.

Prys R2 200 by https://www.takealot.com/sportbrella-premiere-upf50-umbrella-shelter-for-sun-rain-wind-pr/PLID70902004takealot.com

Ciovita Botanica-sonmoue

As jy lang ente fietsry, stap, hardloop of roei, is sonmoue soos hierdieiets waarsonder jy nie die huis moet verlaat nie. Dit klink nie logies nie,maar hierdie liggewig moue hou jou arms koel - juis omdat die materiaal (SBF50+) kan "asemhaal" sodat jy nie oorverhit terwyl jy oefen nie.

Elastiese some aan die bo- en onderkant van die moue keer dat niks afsakterwyl jy rondbeweeg nie. Dit pas maklik agter in 'n fietsryhemp of broeksak asjy dit nie benodig nie, en hierdie mooies van Ciovita ('n trots Suid-Afrikaansemaatskappy) kikker selfs die vaalste oefenhemp op.

Toemaar, daar is meer gedempte kleure ook vir die nie-modebewustes soosek!

Prys R349 by https://ciovita.co.za/search?q=sun+sleevesciovita.co.za

Oggi Activewear Eve-sonkostuum

Hierdie Kaapse klerevervaardiger gebruik waar moontlik plaaslikemateriaal om 'n wye verskeidenheid oefenklere vir byna enige aktiwiteit te maak- van bikini's en burkini's, jogabroeke tot balletskoene, asook swemklere virbranderryers en oulike sonkostuums vir kinders (en grootmense) van alleouderdomme.

Die Eve-sonkostuum (SBF50+) is beskikbaar in 11 verskillende patrone enkleure, met 'n ritssluiter en toutjie agterlangs wat dit maklik maak om aan enuit te trek.

Dis veral geskik as jy daarvan hou om in die branders te baljaar of aanwatersport deelneem.

Prys R322 by https://oggiactivewear.myshopify.com/products/289-eve-long-sleeve-costume-limited-edition?_pos=2&_sid=aebca2512&_ss=roggiactivewear.myshopify.com

Mungo-kikoi

Daar is baie dinge om op Plettenbergbaai te doen en sien, maar 'n besoekaan die Mungo-wewery (dis langs die N2 by die Old Nick Village) moet boaan joumoetdoenlysie wees.

Maak net seker jou kredietkaart staan stewig, want dis maklik om jouKersfeesbonus hier op van die mooiste beddegoed, tafellinne en handdoeke teblaas. My kikoi was oor die jare heen elke sent werd wat ek daarvoor betaalhet, en was nou al op drie roeitogte op die Oranjerivier en verskeie vakansieslangs die see en in die Namib.

Op die water beskerm dit my bene teen die son terwyl ek roei, en in diesomer dra ek dit om my onderlyf as ek klaar geswem het.

Die some van die suiwer katoenkikoi is gestik sodat dit nie uitrafelnie, en jy kan dit in die wasmasjien was en daarna stryk as jy dit netjies wilhou. Myne is die Sunset-ontwerp, en daar is ses ander kleure om van te kies.

Prys R545 by https://www.mungo.co.za/?post_type=product&s=kikoimungo.co.za

30 South-donkerbril

Net soos die res van jou lyf, hopelik nou behoed en blink gesmeer metsonroom, kort jou oë beskerming. Hierdie maatskappy van KwaZulu-Natal maak 'nreeks uitstekende donkerbrille vir hardlopers, seiljagvaarders, roeiers ensommer enigeen wat die buitelewe en sonskyn geniet.

Nie net is die hoëdefinisielense bykans onbreekbaar en bestand teenkrapmerke nie, maar die son se skadelike ultravioletstrale word volkomegefilter. Boonop het die rame, gemaak van plastiekrommel en ou visnette wat uitdie oseane herwin word, 'n lewenslange waarborg.

'n Magdom lens- en raamkleure, asook ontwerpe, is beskikbaar, maarhierdie klassieke Originals is 'n persoonlike gunsteling.

Prys R1 075 by https://30south.co/product/ocean-plastic-sunglasses-originals-re/?v=68caa820106430south.co

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM