“I get it now” – Pierre Steyn se eerste Kgalagadi-besoek het alles verander
Die lekkerste reise is dié waar jy met jou terugkeer besef jou battery is ten volle herlaai, al het die naaste kragprop ver anderkant jou tent se horison gelê.
Op dié rustige fietstoer laat wiel jy deur die Tsitsikamma sonder gejaag
Deesdae is daar g’n tekort aan bergfietswedrenne op weggesteekte tweespoor- en grondpaaie deur die mooiste dele van die Tuinroete nie. Maar dié wedrenne is gewoonlik peperduur én ’n mens moet fiks wees...
Grondpaaie en bergpasse: Weg-redakteur herontdek Suid-Afrika van wes tot oos
As jy jou reis mooi beplan, kan dit bekostigbaar wees om Suid-Afrika van wes na oos en noord tot suid te herontdek. En daar is niks beter as Weg om jou hiermee te help nie.
Weg-redakteur vertel hoekom Lesotho jou volgende droombestemming is
Ons sug dikwels dat ‘n mens duisende kilometers moet reis en ’n klein fortuin bestee om ‘n buitelandse vakansie te geniet, skryf Pierre Steyn.
Groen Kalahari, leeus en Mabuasehube: 8 asemrowende dae in die Kgalagadi
Die Kalahari is een van die grootste woestyne in die wêreld: ’n ononderbroke see van sand wat oor landsgrense strek. Wanneer dit goed gereën het, klop sy hart – die Kgalagadi-oorgrenspark – met lewenslus. Pierre Steyn het vir agt dae deur dié grasgroen woestyn gereis.
Nie mooi nie, maar onweerstaanbaar: St. Helena se wilde bekoring
Verbeel jou ’n plek met die skoonste lug en helderste seewater. ’n Plek waar die klimaat heeljaar soel is, sonder storms. ’n Veilige plek waar nie ’n dier of ’n mens jou leed sal aandoen nie. Met boonop ’n ryk geskiedenis en ’n wilde skoonheid. Ja, só ’n plek bestaan wel... St. Helena-eiland.
Jou reis-trefferlys: Skep “wow”-oomblikke wat jou siel vir altyd raak!
Elkeen van ons het ’n eie reis-trefferlys, en ons wend dit op verskillende maniere aan.
Perfek vir reisgemak: Die A-Z van nekkussings
Om lang ente in ’n motor of vliegtuig te reis kan ’n pyn in die nek wees, veral as jy nie ’n lekker reiskussing het wat jou help om droomland te vind nie. Gelukkig is daar deesdae ’n hele rits (ook ’n paar byderwetse ontwerpe!) om van te kies.
Ruimte, natuurskoon en vryheid: SA is ons eie stukkie hemel
As ’n mens kyk na wat by van Europa se gewildste toeristebestemmings afgespeel het, het die Franse skrywer en filosoof Jean-Paul Sartre dalk ’n punt beetgehad toe hy gesê het: “Hel is ander mense.”
Die kuns van laag op laag: Bly warm buite met dié onderlae en bykomstighede
Enige goeie sjef weet dat ’n mens ’n smullekker gereg skep deur geur laag vir laag te bou, en dieselfde beginsel geld jou klere as jy buite wil baljaar wanneer dit koud is. Jy moet ordentlik aantrek – en dit beteken om aandag te gee aan onder-, middel- en buitenste lae sowel as jou kop, hande en voete.


