Rotskuns wys dalk uitgestorwe gedierte

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die rotskuns op die plaas La Belle France in die Vrystaat beeld die uitgestorwe disinodont sover bekend die eerste keer uit.Foto: wits
Die rotskuns op die plaas La Belle France in die Vrystaat beeld die uitgestorwe disinodont sover bekend die eerste keer uit.Foto: wits

Dis nie 'n walrus of 'n sabeltandkat nie, dis 'n disinodont!

Prof. Julien Benoit, 'n paleontoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand, het 'n rotskunswerk op 'n Vrystaatse plaas onlangs herinterpreteer en tot die gevolgtrekking gekom die dier wat uitgebeeld is, is een wat meer as 250 miljoen jaar gelede in Suider-Afrika voorgekom het.

Die disinodont was 'n soogdieragtige reptiel, sê Wits in 'n verklaring.

Benoit het verskeie fossielbene in die omgewing van die grot gekry, wat die teorie bevestig dat die San-kuns op 'n werklike fossielvonds gebaseer is.

Die skildery is na raming nie later as 1835 gemaak nie, terwyl die eerste wetenskaplike beskrywing van die disinodont in 1845 deur die Britse paleontoloog sir Richard Owen gemaak is.

"Dié bevinding is uitsonderlik. Dit suggereer die San-mense was betrokke by paleontologie lank voordat Westerse wetenskaplikes eens geweet het dié kreature het bestaan," sê Benoit.

Daar is ook 'n San-mite oor "enorme wreedaards" wat nou heeltemal uitgesterf het, maar baie lank gelede in Suider-Afrika voorgekom het.

SPELETJIES VANDAG

CTA