Buitelewe

Wees reg vir beurtkrag met dié katoeters

Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Foto: Galloimages/Gettyimages.com (Enrique Micaelo Sanchez / EyeEm)

Sinotec PR-45- draagbare radio

Net soos die radio's van ouds wat jy met 'n konstante stroomEveready-batterye moes voer as jy smiddae na Wolwedans in die Skemer opSpringbok Radio wou luister, kan jy hierdie Sinotec enige plek met jou saamdrawanneer die ligte afslaan. Daar is selfs 'n gleuf vir 'n SD-kaart indien jy joueie musiek wil speel.

Die grootste pluspunt is egter die ingeboude litium-ionbattery wat met'n USB-kabel herlaai word, én die feit dat jy dit bloot net kan inprop wanneerdaar krag is én die feit dat dit ook gewone alkaliese D-batterye as kragbronkan gebruik.

Nou is daar geen verskoning om ons kollega Sophia van Taak se Versen Klank op Dinsdagaande om 9.20nm. op RSG mis te loop nie!

Prys R299 by hificorp.co.za

Mecer OKT 2000VA

Met die Covid-19-pandemie het mense se lewens ingrypend verander methulle woonplek wat 'n leef-, speel- en werkplek geword het.

Toegang tot die internet, veral as jou werk daarvan afhang, het 'nnoodsaaklikheid geword. 'n Toestel wat ononderbroke kragtoevoer (OKT) verskaf,bied die gemoedsrus dat jy nie ongebergde data op jou rekenaar verloor wanneerdie krag afslaan nie.

Daar is 'n magdom sulke toestelle op die mark, maar Mecer maak 'n reeksvir elke sak wat jy aan jou rekenaar en Wi-Fi-versender kan koppel. Dit biedgenoeg internetwoema vir nagenoeg twee ure - net mooi genoeg vir twee episodesvan Peaky Blinders op Netflix.

Onthou dat die kraglewering van 'n OKT (soos enige battery wat laai enontlaai) met tyd minder word. Myne het 18 maande gehou, maar die battery kanvervang word.

Prys R2340 by makro.co.za

Swiss Cougar Singapore Solar-kragbank

Kragbanke is basies herlaaibare litiumbatterye met USB-sokke wat jygemaklik saam met jou in 'n handsak of rugsak kan dra om al jou elektroniesehulpmiddels soos slimfone, GPS-toestelle en kameras te laai.

Vir stappers en fietsryers het hulle onmisbaar geword, ook virveeldagstappers. Tot onlangs was 'n goeie kragbank een wat lekker lank sou hou(meer as 40000mAh), vinnig kon herlaai(verkieslik niks langer as vyf ure nie) en twee of meer toestelle gelyktydigkon laai.

Die Swiss Cougar se kapasiteit is nou wel net 12000mAH, maar dié outjie het 'nsuperkrag - jy kan sonkrag gebruik om dit te herlaai!

Indien jou slimfoon oor die jongste draadlose laaitegnologie beskik, hetjy ook nie meer 'n kabel nodig om te herlaai nie. Plaas bloot jou foon bo-opdie Swiss Cougar en dit laai outomaties. én dit is water- en stofbestand.

Prys R1 199 by takealot.com

Aurora- herlaaibare gloeilampe

Jy gaan dalk nie al die gewone gloeilampe in jou huis met hierdieoutjies wil vervang nie, maar plaas hulle strategies sodat jy nie in die donkerna jou pantoffels hoef te tas nie. Die Aurora is beskikbaar as 'n bajonet of 'ninskroeflampie en gedurende normale kragvoorsiening skyn dit helder teen 810lumens.

Wanneer beurtkrag inskop, kan die lampie vir tot ses ure op sy eie ligverskaf.

Dit word wel flouer soos die tyd aanstap. In die eerste uur skyn ditteen 150 lumens, daarna teen 100 lumens en die laaste drie ure verskaf dit 'nflouerige 80 lumens. As die krag weer inskop en die ligskakelaar is aan,herlaai die ingeboude litium-ionbattery vanself.

Boonop gebruik hierdie LED-gloeilamp tot 80% minder elektrisiteit as 'ngewone draadgloeilamp wanneer Eskom se steenkool nie nat is nie.

Prys R121 (per gloeilamp) by livecopper.co.za

Consol-sonkragflesse

As jy al ooit ná sononder jou rigting na 'n lodge se 'n bosveldboma moesvind, is die kanse goed jou paadjie is verlig deur 'n ry van hierdie egSuid-Afrikaanse glasflessies.

Nie net is hulle omgewingsvriendelik nie, maar die nuwe generasie vanhierdie staat-makers is propvol slim tegnologie. Die flessie kan tot 12 ure selig verskaf danksy 'n nuwe battery, wat óf deur sonlig óf met 'nmikro-USB-kabel herlaai kan word.

Sê nou maar beurtkrag skop in en alles raakskielik donker, sal die flessie vanself vir 60 sekondes teen 10% van sygloeisterkte skyn sodat jy dit makliker kan vind. Die flessies se deksels (watdie LED-ligte en battery bevat) kan ook apart gekoop word (R173) as jy hullemoet vervang.

Prys R283 (vir die fles en deksel) by sustainable.co.za

UltraTec Nightingale- herlaaibare lantern

Daar is baie (en goedkoper) herlaaibare ligte op die mark, maar ons houvan hierdie robuuste lantern wat 'n mens aan die paraffienlanterns van oudsherinner.

Danksy die wegvouhandvatsel is dit maklik om rond te dra van een vertrekna die ander as daar beurtkrag is, en dit werk net so lekker om jou tent ofkampkombuis helder te verlig wanneer jy in die wildtuin vakansie hou.

Die laaikabel is onder in die basis van die lantern ingebou. Die agtLED's behoort volgens die vervaardiger sowat 50000 uur te hou.

Gegewe die feit dat daar 8750 ure in 'n jaar is, en jou lantern nie heeltyd gaan brand nie, gaandie Nightingale vir baie jare die lig in jou lewe wees.

Prys R599 by campandclimb.co.za

Cadac Grillogas

Hoewel daar mense is wat internettoegang as 'n noodsaaklikelewensbehoefte klassifiseer, weet ons dat Netflix en 'n lantern nie genoeg isom beurtkrag te oorleef nie. 'n Mens moet eet ook! Jy kan altyd braai, mitsdaar braaiplek en hout is, maar min dinge klop 'n goeie ou Cadac as jy vinnigen gemaklik kos wil maak. Ons verkies hierdie Grillogas.

Die boonste pangedeelte is van gietyster met 'n riffeloppervlak aan dieeen kant wat perfek is om vleis, hoender en vis te braai. Draai jy die 37 cm-pan om, het jy 'n platoppervlak waarop jy spek, eiers en pannekoeke kan gaarmaak.

Die porseleinbakwaarop die pan pas, is roesbestand en keer dat die Suidooster jou vlamdoodwaai. Dit pas op Cadac se 3kg-, 5kg- en 7kg-gasbottel (wat apartverkoop word).

Prys R1599 bymakro.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM