Conqueror, wat reeds jare bekend is vir sy taai boswoonwaens, het in2019 sy reeks met die UEV-modelle uitgebrei.
Pleks van staal en aluminium isdié woonwaens van aluminium en 'n sintetiese materiaal wat in dielugvaartbedryf gebruik word - vandaar die wit panele eerder as die tradisionelesandkleur.
Buiten die nuwerwetse boumateriaal het die UEV-reeks ook 'n paar andernuwighede, waarvan die opvallendste die uitvoubeddens is wat uitslaankapsulesword.
Van die ander vervaardigers gebruik 'n bed wat op 'n glyraam uittrek,maar die UEV se panele vóú oop. Daarby is die panele solied eerder as dieseilkante van tradisionele uitslaanbeddens.
Die UEV-25 is een van die swaarste waens op die mark, en daarom het jy'n fris sleepding nodig, 'n voertuig met 'n tarragewig van minstens 2 200 kg.
Ons het die wa op Heidelberg aan 'n Toyota Prado gehaak en koers gekiesoor Magoebaskloof tot waar ons die ou grote van nader kon leer ken.

Die voor en agter
Die UEV-25 se binnekant bestaan uit drie dele: Die eilandbed in dieneus, die badkamergedeelte in die stert by die deur, en in die middel dieeethoekie wat ook die uitslaanbed kan word.
'n Ys-vrieskas staan in die groot kas op die A-raam met die buitekombuisin die linkerpaneel.
Die UEV-25 staan sommer stewiger as gevolg van sy dubbelas, en 'nafswaaistut op elke hoek beteken hy staan mooi stewig.
Terloops, hoewel skuiwers op 'n dubbelaswa jou lewe makliker kan maak,is dit nie by die koop ingesluit nie.
Weerskante voor is twee langwerpige kaste by die onderstel wat nie deelvorm van die romp nie. Die linkerkantse kas is net die plek vir jou grondseil.
As jy die opsionele lugvering laat installeer, staan die kompressor metsy tenk in die regterkantse kas, maar andersins kom dié plek nuttig te pas virander kampgoed of gereedskap.

As die wa stewig staan, lig die opwipdak op en die uitslaanbed uit - enjy is kampgereed. Die dak slaan sonder moeite op of af, selfs al is jy alleen.(Die deel van die dak bo die eilandbed is solied en dis waar die lugreëlaarpas.)
Om die uitslaanbed uit te vou moet jy omloop na die regterkant. Die deurbo die wiele slaan boontoe oop met gasstutte en vorm die dak bo die bed.
Nou swaai twee deure uit die romp horisontaal na jou toe: die een linksen die ander regs vir die kante langs jou bed.
'n Laaste paneel slaan uit na jou toe, maar plat om die boom te vorm.
Hierna lig 'n deel met 'n skarnier na jou toe om die koppenent van diekapsule te vorm. Die skuifvenster is hierin - en die bed is 1,931 x 1,29 mgroot. Aan die buitekant staan dit 86 cm weg van die romp.
Die punt van die paneel bo-oor die bed strek 21 cm verby die venster envorm 'n afdakkie. As jy 'n storttent wil opslaan, is hier 'nbuitestortkoppeling met sy handstuk in die paneel links van die uitslaanbed.

Raak gemaklik
'n Staan-ys-vrieskas is in enige boswoonwa 'n luukse. Die UEV s'n staanregoor die deur soos jy inklim, met die badkamer regs van jou, afgeskort intwee dele.
Die deur maak oop in die hokkie waar die gesigwasbak voor jou is en dietoilet regs. Uit die toilethokkie maak die storthokkie se deur oop.

Daar's 'n breë bankie en die stortkop is 'n handstuk aan sy verlengpyp.As jy van die badkamer se kant na die neus kyk, is die uitslaanbed regs,omtrent in die middel.
Of jy die kopgedeelte van die bed uitslaan of nie, jy kan die deel binnedie wa met sy twee banke en 'n tafelblad steeds as eetplek gebruik.
Dis maklik om die twee banke en tafel in die bed se voetenent te omskep.Die tafel het 'n los poot en die blad pas tussen die twee banke in.
Só staan die blad 25 cm verby die banke, maar twee kleiner blaaie op diebanke se punte swaai op en staan dan gelyk met die tafelblad.

Dit laat wel die 66 cm breë gang krimp tot 41 cm. Die blad oorkant dievoetenent van die uitslaanbed is 46 cm breed en teenaan die linkerpaneel tot bydie voorste bed.
Buiten die welkome pakplek is daar kaste onder wat in die buitekombuisoopmaak.
Hier is ook plek vir 'n TV-skerm bo die blad en die jong klomp kansommer in die bed lê en fliek kyk.

Aan elke kant van die eilandbed is 'n bedkassie met twee kaste bo ditplus 'n skuifvenster met gaas én 'n blinding. Daar's ook 'n leesliggie vir elken USB-sokke as jy jou foon deur die nag wil laai.

Al lig die dak nie bo die bed nie, kan jy steeds gemaklik regop op diematras sit. Die bed is 1,95 x 1,37 m groot.

Met die UEV-25 stel Conqueror 'n voorbeeld van goeie beligting binne so'n groot woonwa. Een aaneenlopende lig loop al teen die rand van die dak, ookop die vloer langs die bed. Dit werk uitstekend en is 'n pluspunt.

Die kragpaneel is in die deur links met al die stroombrekers enskakelaars vir verskeie toerusting soos die yskas en pomp. Die elektroniesepaneel is modern en wys byvoorbeeld die voltlesing en watervlak.

Die paneel waarmee jy die ligte beheer, is net onder dit. Daar's selfs'n raakskerm waaroor jy net jou vinger trek om die ligte helderder of flouer testel.
Die twee skakelaars vir die lugvering en die drukmeter is heel onder.

Spys en drank
Die kasdeur bo die dubbelwiele links van die deur slaan plat as werkbladin die kombuis. Agter dit is kaste met die mikrogolfoond in die middel.
Die rak met al die glase is bo dit, en die kaste weerskante is vir aldie kruideniersware. Dis ook die kaste wat jy van die binnekant af kan oopmaak.In die inklimdeur se binnekant is twee rakke bo mekaar met staanplek virwynbottels, en elkeen het 'n blad wat platslaan vir skinkplek.
Die gasstoof-wasbakkombinasie trek by die neus uit die romp. Vir sommigemense kan dit effens te hoog wees - dis meer as 'n meter bo die grond.

Die gasstoof (vierplaat) is op die punt en die wasbak die naaste aan dieromp. Die droograk slaan op, weg van jou en die wasbak af - 'n slim manier omekstra pakplek te skep. Die stoof is ewe slim ontwerp met kante wat aan driekante opslaan om die wind uit te hou - en natuurlik is die vierplaatstoof 'nluukse in die kampplek.
Twee laaie met al die breekware en eetgerei trek onder die stoof enwasbak uit. Die UEV-25 het nie 'n ys-vrieskas wat uit die romp trek nie.

Soos ons reeds genoem het, staan die buitenste ys-vrieskas in die kas opdie disselboom. Dit werk uitstekend, want een yskas is altyd naby - binne ófbuite.
Die plek vir die twee gassilinders is weerskante van die yskas.
Ry & Sleep sê Maak dinge vir jouself gerieflik en oorweeg skuiwers.

Wat is standaard?
Standaarditems sluit in dubbele kronkelvering met 8 skokbrekers, 3 watertenks (twee van 140 l en een van 80 l), 'n gasstoof, die waterpomp en loodgieterwerk, buite- en binneligte waarvan die sterkte beheer kan word, 'n binnebadkamer, kragstelsel, geiser, twee 102 Ah-batterye en die SnoMaster-173 l- binneyskas.
Die lys van meer as 20 opsionele ekstras sluit in 'n 270°-stoepdak, mikrogolfoond, Houghton H2000-lugreëlaar, gassilinders, eetware, TV met arm, en lugvering.

Conqueror UEV-25, BVM 2 200 kg, R697 735
Die Mededingers
Dubbelas-boswoonwaens

BorderX Expedition, BVM 1 900/ 2 100 kg, R625 000
Het 17"-wiele en onafhanklike vering, met die romp van aluminium ensintetiese heuningkoekpanele.

Nayela Okapi, BVM 1 750 kg, R580 000
Het 15"-wiele, rubberasse en 'n romp van veselglas.

Overlander 590 Custom, BVM 2 200 kg, R825 700
Het 15"-wiele, onafhanklike vering en 'n romp van bootmateriaal(glasversterkte plastiek).
Ry & Sleep het die UEV-25 by die vervaardiger geleen.















