Buitelewe

Woonwatoets: Leefek se Tourer net beter en beter

Die Tourer-woonwaens was reg van die begin af 'n suksesverhaal, en dis vandag, tien jaar later, steeds so. Die Tourers is grondpadweergawes van die Sprint-, Swing- en Splash-padwaens.

Die Tourer SP is dus op die Sprint gegrond, die SW op die Swing en die Splash kry gestalte in die SX. Hierdie modelle kry 'n rubberas, maar die vervaardiger het nou 'n Enduro-variant vir elk van die modelle bekend gestel.

"Enduro" verwys na die Al-Ko Enduro-vering, 'n onafhanklike vering wat op die sleeparmbeginsel werk.

'n Stewige fondament

Te oordeel na die ordentlike hoekstutte wat omtrent skinkborde virvoetstukke het, staan hierdie wa sommer lekker stewig.

Die Big Foot-voetstukke is ook van Al-Ko en het 'nvoetspoor van 180 x 200mm elk en 'n drakrag van1250kg.

Die Leefek Tourer SX Enduro kom met stewige hoekstutte en net so 'n stewige neuswiel.
Die Leefek Tourer SX Enduro kom met stewige hoekstutte en net so 'n stewige neuswiel.

Die voet kan ook swaai om by die skuinste van die grond aan te pas, watdit een van die beste stutte op die mark maak. Die stel stutte voor sit weleffens verder weg van die kant van die romp af.

Die agterste stel is gelyk met die romp. Maar al is die voorstes effensweggesteek, kom jy dit steeds gemaklik met die slinger by.

Die neuswiel se skagarm kan nie verstel word nie, maar met die wielopgetrek steek dit net verby die onderkant van die A-raam.

Soos jy die slinger draai, swaai die arm met die wiel eerste af grondtoe.

Die voorste stel stutte sit effens weg van die kant van die romp af, maar jy kom dit maklik met die slinger by.
Die voorste stel stutte sit effens weg van die kant van die romp af, maar jy kom dit maklik met die slinger by.

Nou verleng die binneste deel van die skag sodat jy die neus gelyk kankry. Dit werk vinnig en maklik vergeleke met die konvensionele neuswiele.

Net soos met die ander Tourers word die veselglasdop oor die disselboommet 'n plat staalplaat vervang.

Dit vorm dus 'n nuttige rak as jy iets in of uit die neuskas tel -jy kan selfs 'n sakkie braaihout hierop saamry.

Die neuskasdeur maak boontoe oop en word met 'n dun lat omtrentparallel met die grond gestut. (Die deur kan eintlik verder oopswaai, en'n gasstut sal dit nog makliker maak.)

Die noodwiel staan in die middel van die neuskas en die 25l-waterkan - met 'n 12V-dompelpomp - links daarvan.(Die vervaardiger het die waterkan intussen met 'n ingeboude 60l-tenk vervang.)

'n Brad Harrison-prop word saam met die ligteprop in'n huls gebind, wat beteken die Tourer se battery kan laai terwyl jysleep.

Die 220V-kragtoevoersokis regs agter. Hier is ook 'n klein deur wat oopmaak na die binnekant vaneen van die eethoekie se banke.

Die battery staan hier met die kragboks langs dit.

Dis waar jy fout kom soek as jy vermoed 'n smeltdraad het die geesgegee of een van die stroombrekers het dalk uitgeskop.

Langs die battery is een 220V-sok (met 'n skakelaar) waar jy iets soos 'n koord kaninprop.

Voor by die neus is twee soortgelyke deurtjies. Hulle is regoor mekaarmet tussenin 'n oop ruimte wat onderdeur die bed se koppenent strek.

Toerusting soos kampstoele of ekstra tentpale kan hierin pas.

Kom bak en brou

Die buitekombuis se werkblad slaan links van die deur plat.Die blad hang weerskante aan gly­skarniere en twee verstelbare pote pasonder die blad in om dit te stut.

Die blad is 1055mm bo diegrond, en teen 890 x 840mm omtrent vierkantig. Dis 'n skoon blad met niks daarop gemonteernie.

Die armpies van die twee slotte is op die hoeke die naaste aan jou, maarhulle is redelik plat en hinder 'n mens nie. Dieselfde geld vir diealuminiumraam om die blad: Dis plat en jy gaan die werkblad maklik skoon hou.

Die 20l-mikrogolfoondstaan agter die blad regs in die kas met nog 'n kassie of twee waar jykruideniersware en van jou potte en panne kan pak. Die induksieplaat (watintussen met 'n gasstoof vervang is) en skottelgoedbak trek afsonderlikuit die onderste gedeelte bo-oor die werkblad.

Die twee neem dus 'n bietjie van jou werkplek op, maar dis steedsruim genoeg.

Die stoof en skottel staan omtrent 160mm hoër as die blad en kandinge vir kort mense moeilik maak - jy moet nog die hoogte van 'n pot opdie stoof ook byreken.

'n Kraan met 'n swaaikop is langs die plastiekskottelgemonteer, en die skottel self is los sodat jy dit kan uithaal as jy die waterwil uitgooi.

In drie van die ander rakke is daar sponsvorms waarin al die bekers,bakkies en borde pas.

Kamer toe!

Jy gebruik 'n los trappie om in te klim, en oor die heledeuropening rits 'n gaasdeur toe om die goggas saans buite te hou terwyldie ligte binne aangeskakel is.

Die opwipdak word met konvensionele H-handvatsels gestut, en op elkehoek is een gespe wat jy styftrek om die dak ordentlik toe te hou wanneer jysleep. Hierdie gespes is ewe nuttig as jy die dak alleen moet laat sak, want jytrek elkeen stelselmatig stywer sonder om soos 'nvink aan die dak te hang.

Die eethoekie is in die stert regs soos jy inklim, die 12V-staanyskas van 157l effens na links teen dieoorkantse paneel, en die eilandbed heel links voor in die neus.

Die eethoekie het twee banke oorkant mekaar en 'n los tafel op'n strykplankvoet wat tussenin pas.

Dié soort tafel het maar sy nukke, want sy pote is in die pad van joune,en dis nie lank nie voor iemand teen die poot stamp en jy moet keer vir 'nvale. 'nVoordeel is dat jy die tafelbuite kan opslaan as jy byvoorbeeld nog pakplek rondom die kombuis nodig kry.

Die tafelblad self pas mooi tussen die banke in om 'n hoek-tot-hoek-bedte vorm. Dis 1200 x 2010mm groot en net smaller as 'n dubbelbed.

Die bankkussings pas platgeslaan lekker styf teen mekaar en sorg vir 'n gemaklikeslaap.

As jy nou na die voorkant kyk, is die smukhoekie regs net verby dieyskas.

Dit het sy eie blad waarin 'n gesigwasbak versink is. Langsaan is'n spieël wat jy kan swaai totdat jy jouself daarin kan sien as jy op dieeilandbed sit.

Bo en onder die blad is kassies, en net soos die res van die kassies indie woonwa - altesame 14 van hulle - het almal seildeurtjies wat kan toerits.Hier is ook 'n 220V-sok, maar 'n mens sou ook USB-sokke - hier en elders - verwag.

Oorkant die voete van die linkerkantste slaper maak 'n seildeurtjieoop in die rugkant van die buitekombuis.

Dit is waar die 220V-sokke van die induksieplaat en mikrogolfoond is as jy dit tydelik wilgebruik.

Elke slaper het 'n eie regop kas by die koppenent, elk met'n reling vir klerehangers. Tussen die twee kaste is 'n plat rak byjou kop wat baie nuttig is vir die goed wat jy snags naby wil hou.

Uit die aard van 'n eilandbed is dit smaller by die voete as by diekoppenent.

Die bedbasis kan ook oplig vir ekstra pakplek - dis net die plek virkratte en selfs jou geweefde grondseil nadat jy dit skoongemaak het.

Ry & Sleep sê

Die Tourer SX Enduro kom so te sê kampgereed van die fabriek af. Ditsluit toerusting in soos die yskas, stoof, mikrogolfoond, kragstelsel enloodgieterwerk.

Spesifikasies

Vervaardiger Leefek

Model Tourer SX Enduro

Slaapplek 4 Grootte 6,44 x 2,19 x 2,35 m

Tarra 1 294 kg

Dravermoë 206 kg

BVM 1 500 kg

As Onafhanklik

Wielgrootte 15"

Onderstel Staal met elektro- enpoeierverflaag

Romp Tussenvoegpanele met aluminiumbuitekant

Prys R497 109

Handelaarsnetwerk

Leefekhet altesame 14 handelaars in Gauteng, Mpumalanga, Oos-Kaap en die Wes-Kaap.

Kontak 012 797 7300; info@leefek.co.za; leefek.co.za

Van die mededingers

Grondpadwaens

Okto Villa Gravellor BVM 1 700 kg, R487 900

Het slaapplek vir 4, 'n 1,8 t-rubberas met 15"-wiele en 'n opwipdak.

Stealth Evolution X-Country 594 BVM 1 600 kg, R447 227

Het slaapplek vir 4, 'n 1,6 t-as met 15"-wiele en'n opwipdak.

Quantum Comfort Country BVM 1 850 kg, R495 000

Het slaapplek vir 2-3, onafhanklike vering met 16"-wiele en 'n vaste dak.

Leon Botha (teks en foto’s)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM