Huis + tuin

Dekor: Leef binne na buite

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die huis se modernistiese boustyl is hier duidelik herkenbaar. Die dam (of hondeswembad) was eintlik 'n diep gat op die erf en toevallig net reg geleë dat die pragtige tuin om dit kon ontwikkel. Dit wemel van voëls, paddas en insekte. Natuurlik is die honde gek na die tuin en dam. Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Die huis se modernistiese boustyl is hier duidelik herkenbaar. Die dam (of hondeswembad) was eintlik 'n diep gat op die erf en toevallig net reg geleë dat die pragtige tuin om dit kon ontwikkel. Dit wemel van voëls, paddas en insekte. Natuurlik is die honde gek na die tuin en dam. Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Marcus se huis is soos 'n treinstasie met 'n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy 'n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry.

As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weerspieël. Die smal, 50 meter lange struktuur sit ver terug op die erf van 0,5 hektaar.

Daar was reeds bome op die erf wat hy kon behou en hy het ook talle inheemse bome aangeplant. Vir hom is die tuin net so belangrik soos die huis.

Daar is selfs 'n klein dam waar sy honde, Luka, Flicka en Kiku, kan baljaar. Die tuin verg min onderhoud met plante en grasse wat hulself jaar ná jaar saai.

Die landskap versag die skerp lyne van die staalstruktuur, terwyl materiale soos sinkplaat, beton en sementsmeerwerk tekstuur verskaf. Die funksionele binneontwerp sonder fieterjasies vertel van Marcus se liefde vir die Bauhaus-era.

Met meestal ingeboude eenhede het die huis min losstaande meubels nodig gehad. Van sy gunstelinge is die Wassily-stoele en ook die kombinasie van die eenvoudige dennehoutstoele en staalraam-etenstafel in die kombuis.

Die leiklipvloere herinner hom aan sy kinderdae. Dis 'n aardse verbintenis met die tuin en ook prakties vir die honde se modderspore.

Kleure is beperk tot olyfgroen, ligblou, grys en geel.

Met slaapplek vir tien is sy vriende altyd welkom. Sy pa woon ook op die erf, maar in 'n aparte huis. Maar vir Marcus is alleentyd net so lekker. Dan vroetel hy in die tuin, of skilder en lees en geniet die lewe in sy kalm paradys.

Trappie laer

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Die gesonke vloer van die sitkamer skei dit subtiel van die oopplankombuis waar die groot versameling Wood's Ware-breekgoed 'n treffende fokuspunt skep. Agter die rusbank staan die staalraam-etenstafel en 'n paar eenvoudige dennehoutstoele.

Werkplek

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

'n Onlangse toevoeging tot die huis is 'n tussenvloer wat 'n tuiskantoor en slaapkamer huisves. Marcus se praktyk is in Somerset-Wes en hy werk een dag per week van sy huis af.

Nog 'n verrassing

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Die versameling vintage emaljeware is 'n verrassende element tussen die moderne dekoratiewe items in die huis.

Staal en sinkplaat

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Marcus het inspirasie vir sy huis geput uit staalstrukture en sinkplaatskure in die omgewing, sowel as uit die werk van die Texas gebaseerde Lake Flato Architects en die Australiese argitek Glenn Murcutt. Die geel aksentmuur sorg vir 'n spatsel kleur.

By die kaggel

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Grabouw se winters is nat en koud, vandaar die twee kaggels - een 'n houtstofie wat die geïsoleerde waterpype van die ondervloerse verhitting verhit en die ander 'n tradisionele kaggel, meestal vir atmosfeer.

Op koue dae is die ingeboude bankie 'n gesogte sitplek, maar dit kan ook 'n slaapplek vir 'n ekstra gas wees. Die swart muur is met Midas Midaroof geverf, die geometriese kussings is van Skinny laMinx en die groot steenkoolgrys een van Nap Living.

Deel van die ontwerp

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Die ongepleisterde betonboks bo die ingeboude bed in hierdie gastekamer is 'n stuktuur- sowel as ontwerpelement. 'n Le Corbusier Camp-stoel dien as bedkassie en die skildery is deur Tanya Poole. Die deken van Weylandts gee die ruimte 'n spatsel kleur.

In potte

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Marcus het 'n groot versameling vetplante wat almal in terracottapotte geplant is.

Uit Afrika

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Detail van 'n masker wat in die gastebadkamer hang.

Gestroop

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Net enkele van Marcus se gunsteling-items versier sy slaapkamer. Die klein hortjievenster sorg vir ventilasie en die groot venster wat noord front omraam die lushof-tuin.

Die Zoeloe-potte in die vensterbank kom uit die Winterton-omgewing by die Drakensberge en Marcus raap dit op as hy dit kan vind.

Bykomstighede is beperk tot groot strooikussings van Nap Living en Skinny laMinx. Die okerkleurige deken is van LIM.

Eet buite

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Marcus kook en onthaal graag. Die onthaal-area buite is aan die sonnige noordekant, naby die kombuis.

Kuns in die tuin

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Een van Marcus se gunsteling-kunswerke is hierdie "Sit en staan"-beeld deur die beeldhouer Angus Taylor en kan van die leefareas en veranda af gesien word.

Simmetrie

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Die gastebadkamer se wasbak is in 'n nis ingebou en die muur swart geverf om diepte te verskaf. Die groot spieël weerkaats lig en die maskers verskaf 'n skeut misterie.

Hemelblou teëls

Foto: Greg Cox vir Bureaux.
Foto: Greg Cox vir Bureaux.

Die hoofslaapkamer gee ook die gevoel van binne na buite lewe met 'n glasdeur wat uitloop op die binnehof. Die wit wasbak en handdoeke lyk vars teen die blou teëls. Die leiklipvloer verleen 'n aardse element.

Anita Rossouw en Lounette Fourie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM