Damvlakke het die afgelope week verder gedaal oor die grootste deel van die Wes-Kaap heen en veral op plekke in die Karoo en Suid-Kaap.
Teen Maandag het die provinsie se gemiddelde damvlakke van 84% tot 83,3% afgeneem. ’n Jaar gelede was dit 94,4%.
Kaapstad se gemiddelde damvlakke het van 91,3% tot 90,6% gedaal. ’n Jaar gelede was dit 100,1%.
Dinsdag is daar ’n 30%-kans op motreën die oggend in Kaapstad, die Paarl, Worcester, Ceres, Hermanus en Grabouw.
Teen Vrydag is daar ’n 30%-kans op reën in Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George, Plettenbergbaai en Oudtshoorn.
Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 85,3% tot 84,9% afgeneem. ’n Jaar gelede was dit 101,4%.
Die vlakke van ander damme wat water aan Kaapstad verskaf:
• Benede-Steenbrasdam: 96,5% (97,5% verlede week) met 10 mm reën in die voorafgaande sewe dae;
• Bo-Steenbrasdam: 100,8% (101,4%);
• Voëlvleidam: 100% (102,1%);
• Bergrivierdam: 99,8% (99,8%) met 23 mm reën; en
• Wemmershoekdam: 87,2% (88,3%) met 10 mm reën.
Die vlak van die Clanwilliamdam het van 95,5% tot 95,9% gestyg. ’n Jaar gelede was dit 97,5%.
Karoo
• Floriskraaldam naby Laingsburg: 45,1% (52,6% verlede week);
• Calitzdorpdam: 55,2% (58,7%);
• Leeu-Gamkadam: 34% (35,7%);
• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 33,2% (34,3%);
• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 33,4% (34,4%);
• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 56% (56,5%); en
• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 61,2% (63,1%).
Suid-Kaap
• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 88,2% (89,2% verlede week) met 3 mm reën in die voorafgaande sewe dae;
• Korentepoortdam naby Riversdal: 82,6% (85%) met 3 mm reën;
• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 81,3% (85,5%) met 2 mm reën; en
• Tuinroetedam by George: 63,8% (65,7%) met 2 mm reën.






















