Huis + tuin

DEKOR | Wat's nuus

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
dekor
dekor

1. Rock-muurlig, kleur Bourbon 48cm H x 16cm B x 23cm D) R2200, hertexhaus.co.za

2. Inspirasie vir die Orissa-materiaalreeks deur ILIV vir St Leger & Viney kom van die ryk tapisserieë van Indië, met juweelkleure wat warmte en 'n gevoel van positiwiteit oordra. Sien stleger.co.za.

3. Hawaiïese rottang-hanglig in die kleur Natural (41cm H x 53cm D) R2520, klight.co.za

4. Judi-swaaistoel in Maya Cream R12999, sofacompany.co.za

5. Mooi aards. Lisburn-kussingoortreksel van linne (op die foto in die kleur Bronze; 60 x 90cm) R700, mungo.co.za

6. Palm Tree- bedrukte mat (1,5 x 2,3m) met ingeboude glyvaste rugkant R1795, airloom.co.za

7. Kleurtrends! Woolworths het pas hul kleurreeks vir die herfs en winter bekend gestel. Hul herfstema, Artisanal, word gekenmerk deur aardse skakerings van rooi, olyfgroen en taan, terwyl die wintertema, Nostalgia, bestaan uit donker, dromerige groenblou tone gekombineeer met saffraangele en taan kleure.

"Al twee hierdie temas en palette berus op natuurlike skakerings van klip, grysgeel, kameel en toffie," verduidelik Courtney Louw, senior ontwerper.

Egiptiese katoen-duvetstel (400-draadtelling; koninggrootte) R1699; kwilt R1399; Mushroom-lamp R1200, alles van woolworths.co.za

8. Yem-b (afgelei van "Your End, My Beginning") is 'n groep entrepreneurs wat wil teruggee aan die gemeenskap. Nie net dra hulle vaardighede soos krale-, naald-, leer- en hekelwerk oor aan plaaslike handwerkers nie, maar ook sakevernuf, met die doel dat elkeen weldra hul eie onderneming kan bedryf en sodoende hul skeppings aan besighede verskaf.

Sien hul reeks handsakke, klere, speelgoed, dekor en juweliersware by thusana.com/thusana-friends/yem-b/. Kyk net dié Mongi-leersak (R1800)!

9. Groot plantbak met reliëfkrabbels (14 cm H x 16cm B) R79,99, pepstores.com

10. Lekker bederf. Margo Selby Finchley-badhanddoeke (130 x 70cm, 600g/m²; R699, yuppiechef.com) is sag dog sterk.

11. Tuis hou hiervan! Wik en weeg jy oor die regte wit skakering vir jou ruimte? Duram se nuwe Off-White Colour Collection bestaan uit 16 sagte verfkleure verdeel in koel en warm tone.

Kies hierdie winter wit skakerings met warm tone as jy 'n knus gevoel wil skep in vertrekke wat nie genoeg natuurlike lig kry nie. Besoek duram.co.za vir nog inligting

en kleurwenke.

12. G'n bed is gereed vir die winter sonder 'n weelderige duvet nie. Oorweeg materiale soos gansdons of 'n dons-alternatief vir 'n snoesige kokon wat hitte doeltreffend sal vasvang. Kies jou beddegoed vandag nog in 'n Mr Price Home-winkel, aanlyn (mrphome.com) of met die Mr Price-app!

Premium-katoenduvet gevul met vere en dons vanaf R999,99 (dubbel), mrphome.com

13. Goed beklee. Die nuwe Wood-Plastic Composite (WPC) -panele en bekleding van Smart Art bied die beste eienskappe van albei materiale in een produk wat sterker, duursamer en beter bestand is teen omgewings-faktore. Dis perfek vir mure en plafonne, en te kry in 'n reeks kleure (op die foto in 'n eikehoutafwerking).

Besoek smartart.co.za vir meer.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM