Foto's: Elsa Young/Frank Features en ER Lombard
Die blou van onthou
Heeljaar se droom van son en sand en see word vasgevang in dié strandhuis se delikate mengsel van blou en wit wat die see en die sand se skakerings eggo. Dit was die droom van die moderedakteur Deborah Brett en haar skrywer/regisseur-man, Tom Edmunds.
"Ons wou die tipiese Nantucket-tipe dekorstyl vermy en eerder iets meer verbleik en afgeleef hê met natuurlike teksture en aardse elemente," verduidelik Deborah.

Hulle het saamgewerk met die Londen-gebaseerde interieurontwerper Hubert Zandberg.
Sy kinderdae in Suid-Afrika het hom 'n instinktiewe aanvoeling gegee vir die growwe teksture en natuurlike elemene wat hulle wou hê.
Hubert het gehou by 'n monochromatiese blou tema en dit baie suksesvol gepaar met rou bakstene, klip, tou, leer, rottang en strooi.
Kuns in die water

Michael en Raquel Calamas se huis in Umdloti, KwaZulu-Natal, voel heeljaar soos vakansie met 'n kleurryke swembad as asemrowende fokuspunt!
Die paartjie het die hulp van die kunstenaar Ilaria Louw van Paintiques ingeroep om vir die plaspoel van 5 x 2 m 'n tropiese tema te gee.
"Om deur die abstrakte patrone te swem wat sy geverf het, is iets baie besonders," sê Raquel. "Ons het al soveel wonderlike tye in dié unieke swembad gehad."
VERSKAFFERS EN KONTAK

















