Huis + tuin

21 'trendy' dekorkopies vir jou of iemand spesiaal!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: verskaf
Foto: verskaf

1. UIT LAPLAND. Skep 'n kontemporêre luilekker Mediterreense voorkoms met die gesofistikeerde Portofino Collection deur Stuart Graham Fabrics (vanaf R1 000/m, stuartgraham.co.za). Dit sluit 'n reeks gestreepte, geruite en kleinskaalse weefontwerpe in wat geskik is vir stoffering (45000 tot 100000 vryfslae), gordyne en bykomstighede.

2. Die 25W-LUD-Saturn-plafonlig van K.Light is ideaal vir klein ruimtes of lae plafonne, en te kry in elektrogeplateerde goud, swart of wit (42cm D x 8cm H; vanaf R1 790, klight.co.za).

3. Wit keramiekvaas met reënboog-ore van @home (30,2cm H x 15,4cm D) R549, bash.com

4. Coricraft se nuwe Rococo-driesitplekbank (vanaf R12999, coricraft.co.za) het 'n klassieke silhoeët wat aan die mid-eeuse styl herinner. Elke detail, van die geronde armleunings en koperaksente tot die houtpote, getuig van weelderige gerief. Dis ook te kry in die nuwe Mae-stofferingversameling.

5. Stanford-2-laai-lessenaar van soliede gerookte eikehout R8 700, incanda.co.za

6. Made for each other! Sage Green Deco Basin R3 163 and Mod Aqua Tap R2 467, rossco.co.za

http://www.incanda.co.za

7. Trots Suid-Afrikaans Rialheim, bekend vir hul speelse keramiekware, handgegote kerse en trots Suid-Afrikaanse stoffeerlap, het 'n nuwe konsepwinkel by 4de Straat 35 in Parkhurst, Johannesburg geopen. Op soek na iets wat 'n stelling in jou leefruimte sal maak, of 'n spesiale geskenk vir 'n geliefde? Kom ervaar die handelsmerk hier in lewende lywe! Besoek rialheim.co.za vir meer.

8. Fokus op groen (of blou) Swaai 'n towerkwas oor 'n fokusmuur met Vogue Gloss Glazed-keramiek- muurteëls in Denim en Esmeralda (op die foto; R490/m2, italtile.co.za)!

9. KLOP-klop uit KOPER! Earth Gold Collection verskaf baddens, wasbakke en lampkappe van soliede plaatkoper, met die hand geklop deur vakmanne in Sentraal-Java, Indonesië. Ons is versot op dié Black Slipper Clawfoot Bath. Loer in by Eenheid 19, Imhoff Farm, Kommetjie, Kaapstad of besoek earthgoldcollection.co.za.

10. Minder is meer Die innoverende SI!- draagbare lamp (op die foto in geborselde koper; vanaf R857, creative-cables.co.za) het nie 'n battery nie en maak staat op 'n eksterne 5 V-kragbron. Danksy 'n USB-C-poort kan dit deur 'n rekenaar, slimfoon of kragbank geaktiveer word net waar en wanneer jy lig nodig het. Die magneetbasis heg aan metaal-oppervlakke; of ryg 'n metaalwasser deur die kabel en hang dit op.

11.TEKEN DIT AAN… Die eerste Joburg Décor & Design Week vind van 31 Julie tot 6 Augustus 2023 plaas met 'n mengsel van uitstallings en ateljees wat by die reeks vertonings aansluit. Decorex Joburg, 100% Design Africa en Design Joburg vind almal plaas van 3 tot 6 Augustus 2023 by die Sandton-konferensiesentrum.

Uitstallers van kombuis-bykomstighede, waaronder Franke en Unipanel, gaan 'n uitstalling doen wat fokus op nuwighede in binneontwerp, met vaste en los toebehore te kies en te keur. Sien meer by decorex.co.za. Te sien by die skou! Samsung se pasgemaakte yskaste kom in verskillende uitruilbare kleurpanele met 'n gelyk voorkant net soos 'n ingeboude kas.

12. Artisjok-kersblakers R69,99 elk, PEP Home.

13. Forest Walk-muurkuns in die kleur Fern (100cm B x 140cm H x 4cm D) R4100, hertexhaus.co.za

14. Kom sit As jy hou van mid-eeuse moderne meubels, sal jy dol wees op die Ladidah-reeks, pasgemaak deur Huisraad Modern. Die ontwerp bring hulde aan die elegansie en speelsheid van die modernisme uit die vyftiger- en sestigerjare. Kies uit 'n opsit-bankie (foto; R9 550, huisraad.co.za), twee- of driesitplek-rusbank en selfs 'n veelkleurige hoekeenheid.

15. Merke, gereed, verf! Tjhoko Paint se nuwe stensilreeks spog met motiewe geïnspireer deur onmiskenbaar Italiaanse ontwerpe. Kry jou naaste verskaffer by tjhokopaint.co.za

16. Skep & vernuwe!

WIE Georgina Vintin

WAAR Kaapstad BESIGHEID Clay by Georgina

HAAR WERK Die Brits gebore keramiek-kunstenaar en psigoterapeut Georgina Vintin bedryf 'n keramiekskool en -winkel in Houtbaai, Kaapstad. Haar keramiek-muurkuns, Ceramic Minds, is geïnspireer deur haar werk as terapeut en verteenwoordig temas soos vertroue, balans, verhoudings en emosies.

Die Trios uit haar Authenticity-versameling (sien foto) kos R3 850; elke stuk word in geskenkpapier toegedraai en kan na enige plek in Suid-Afrika versend word.

Vir inligting oor spesiale bestellings, keramiekklasse, kleiterapiegroepe, slypskole en maandelikse Claydies' Night-byeenkomste, volg Georgina op instagram.com/claybygeorgina.

17. Alte aantreklik Die weelderige Coco Dressing Table in Avo (120cm L x 40cm B x 78cm H; R10500, vampfurniture.co.za) spog met gegroefde laaivoorkante en handgemaakte geelkoper-doppies onderaan die pote. Die hoeke het sagte rondings en die blad is met glas bedek.

18. Die Bauhaus Bold- bedrukte mat (1,5 x 2,3m; R1695, airloom.co.za) is ook te kry in die kleur Blush. Handgeweefde Binga-mandjies vanaf R630 stuk, w-e-e-v.com

19. Voel hoe mooi! AEG se Matte Black-versameling ontwerper-kombuistoestelle het 'n nuwe, tasbare afwerking. Die mat tekstuur wys nie vingerafdrukke nie, is beter bestand teen vlekke en maak maklik skoon met 'n mikrovesellap.

"Wit kombuise staan effens terug noudat verbruikers eerder helder of kontrasterende palette kies wat ook spatpanele, mure, werkblaaie en toestelle insluit," sê sjef Nti, AEG se handelsmerk-ambassadeur.

Ons hou baie van die 77-liter-oond uit die 7000-reeks (op die foto; R35 999).

Besoek aeg.co.za vir jou naaste verskaffer.

20. Opvoubare 4,2kW- Milex-gasverwarmer met 3 panele in swart R1399, leroymerlin.co.za. Dit hou jou warm deur die koue maande en vou daarna plat vir maklik wegpak!

21.KYK WIE'S TERUG! Die bekende kombuishandelsmerk Boardmans maak 'n terugkeer as eksklusiewe aanlyn winkel vir kieskeurige verbruikers op soek na byderwetse waarde-vir-geld-produkte wat van deur tot deur afgelewer word. Koop aanlyn by boardmans.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM