Kos + wyn

Aperol Spritz-slush puppy

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michael le Grange
Foto: Michael le Grange
  • 125ml - gemmerbier
  • 500ml - roséwyn
  • 125ml - Aperol-aperitief
  • 750ml - koue, goeie droë vonkelwyn (brut MCC)

Die Italiaanse drankie is 'n gunsteling op al my feestafels. Maak dit nuut en anders met hierdie resep.

Meng gemmerbier, rosé en aperitief saam.

Gooi in vriesbestande bak en vries vir 6-8 uur of tot hard.

Breek in stukke deur met 'n koekroller op die ys te slaan - dit vries nie so hard soos ysblokkies nie omdat daar alkohol in is.

Plaas in beker van voedselverwerker (jug blender) met hand vol ys.

Verwerk op hoë spoed tot fyn tekstuur soos slush puppy.

Verdeel tussen 6-8 glase van jou keuse.

Vul met koue vonkelwyn en sit voor.

Herman Lensing bygestaan deur Vikayla Govender

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM