Baklava

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Ian Wallace/Aremediasyndication.com.au/Magazinefeatures.co.za
Foto: Ian Wallace/Aremediasyndication.com.au/Magazinefeatures.co.za
  • - 200 g (1½ k) uitgedopte ongesoute pistachio’s
  • - 200 g (2 k) okkerneutstukke
  • - 55 g (¼ k) strooisuiker
  • - 30 ml (2 e) fyn semolina
  • - 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • - ’n knippie fyn naeltjies
  • - 375 g filodeeg
  • - 310 g botter, gesmelt
  • - 30 heel naeltjies
  • - STROOP
  • - 220 g (1 k) strooisuiker
  • - 250 ml (1 k) water
  • - 90 g (¼ k) heuning
  • - 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • - 1 kaneelstok

Voorverhit die oond tot 200 °C (of 180 °C met 'n waaier). Smeer 'n 20 cm x 30 cm-lamingtonpan.

1. Verwerk die pistachio's, okkerneutstukke, strooisuiker, semolina, kaneel en fyn naeltjies tot fyngekap. Plaas in 'n middelslagbak.

2. Verf 1 vel deeg met 'n bietjie van die botter en bedek met nog 7 velle terwyl jy elkeen goed met botter verf. Vou die deeg middeldeur en plaas in 'n pan. Bestrooi die deeg met 'n dun, egalige laag van die neutmengsel.

Pak nog 2 velle deeg in lae terwyl jy elkeen met nog botter verf. Vou die deeg middeldeur, plaas in die pan en bedek met nog 'n laag van die neutmengsel. Herhaal die laagproses tot al die neutmengsel gebruik is.

Hou aan lae pak en botter verf met die oorblywende deegvelle, en verf die laaste laag met botter. Sny ligte kepe in 'n diamantpatroon in die bokant en druk 'n heel naeltjie in die middel van elke stuk.

3. Bak die baklava sowat 50 min.

4. Stroop Maak intussen die stroop. Roer die bestanddele in 'n klein kastrol oor lae hitte tot die suiker oplos en bring tot kookpunt. Stel die hitte laer en laat prut sonder 'n deksel sowat 10 min. of tot effens verdik. Gooi die kaneel weg en laat die stroop afkoel.

5. Giet die stroop oor die warm baklava. Laat dit afkoel voor jy dit sny.

WENK

Bedek die oorblywende velle met 'n stuk bakpapier en dan 'n klam teedoek wanneer jy met die eerste 8 velle filodeeg werk. Dit sal keer dat dit uitdroog.

Aremediasyndication.com.au/Magazinefeatures.co.za

SPELETJIES VANDAG

CTA