- 1 - heel hoender
- 3 ml - elk sout en swartpeper
- 5 ml - uiepoeier
- 5 ml - mosterdpoeier
- 10 ml - gemengde gedroogde kruie
- - ’n knippie elk gedroogde gemmer en brandrissievlokkies
- 2 - eetlepels olyfolie
- 1 - blik (370?ml) bier
- 3 - eetlepels pruimsous
- 2 - sprietuie, gekap
- 5 ml - sesamsaad, gerooster
1 Meng al die geurmiddels behalwe die bier, pruimsous, sprietuie en sesamsaad saam en vryf die hoender binne en buite daarmee in.
2 Kry kole in 'n ketelbraai gereed vir die indirekte gaarmaakmetode deur die kole na die kante te krap sodat dit 'n oop spasie onder die rooster laat.
3 Skink vir jou van die bier - jy het net sowat 'n driekwart blikkie vir die hoender nodig. Skuif die heel hoender oor die oop bierblik se bokant en maak dit versigtig bo-op staan. (Dis 'n goeie idee om eers 'n druppan onder die rooster te plaas ingeval jy 'n ongelukkie het!) Bedek die hoender losweg met 'n vel foelie, sit dit ketelbraai se deksel op en braai die hoender vir sowat 'n uur.
4 Verf nou die pruimsous oraloor die hoender, maak weer die deksel toe en braai vir nog 30 minute tot glansend en deurgaar. Verwyder die hoender versigtig van die blikkie (daar sal nog 'n bietjie bier binne-in oor wees) en laat die vleis vir sowat 10 minute rus.
5 Strooi die sprietuie en sesamsaad oor en smul! Vars slaai en platbrode is die perfekte pasmaats vir dié gereg.















