- 250 ml - karringmelk
- ’n knippie elk - paprika en kerriepoeier
- 4 porsies - ferm wit vis, elk in 4 stafies gesny
- 250 ml - bruismeel
- 3 ml - bakpoeier
- UIT DIE SPENS -
- - olie vir braai
1 Geur die karringmelk met die speserye en 'n ruim knypie sout en laat die vis 15 minute lank daarin lê.
2 Meng die meel en die bakpoeier en skep twee eetlepels van die karringmelk waarin die vis lê, by; roer tot 'n growwe, krummelrige meelmengsel.
3 Doop nou die visvingers nat-nat in die krummelrige meel sodat elke vinger oraloor daarmee bedek is. Hou eenkant en herhaal tot al die vis bedek is.
4 Verhit olie sowat 2 cm diep in 'n kastrol tot warm. Toets die hitte met 'n brood-blokkie: as dit dadelik dryf en borreltjies maak, is die olie gereed. Braai nou die visvingers - vier op 'n slag - tot goudbruin alkante. Dreineer op kombuispapier en herhaal tot al die vis gaar is.
Aioli op twee maniere
•
In 'n kits Meng 'n teelepel korrelmosterd en 'n halwe teelepel baie fyn gekapte knoffel by 250 ml goeie Fransestyl-mayonnaise.
• Die ware jakob Sny 'n heel knoffelbol oop, drup olyfolie oor en vou dit in foelie toe. Bak in 'n warm oond teen 200 °C vir sowat 30 minute of tot sag en gaar. Druk die sagte, gaar knoffel uit die skil en meng saam met die mosterd by die mayonnaise. Heerlik!






