Kos + wyn

RESEP | Maklike Piekelvis vir Paasfees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 200ml - meel
  • 5ml - borrie
  • 2kg - stokvis- of snoekfilette
  • - olie vir vlakbraai

PEKELSOUS

  • 6 - groot uie, geskil
  • 375ml - bruin asyn
  • 250ml - water
  • 125ml - suiker
  • 6 - lourierblare, vars of gedroog
  • 5ml - koljandersaad, liggies gestamp
  • 5ml - sout (jy kan later nog na smaak byvoeg)
  • 5ml - peperkorrels, gekraak
  • 10ml - borrie
  • 30ml - vismasala (of jou gunsteling-kerriepoeier)
  • 5ml - elk fyngekapte vars gemmer, knoffel en brandrissie

1. Sny die uie vir die pekelsous sorgvuldig in 5mm dik ringe. Jy wil nie hê die uie moet so dun wees dat dit wegkook nie.

2. Meng die sousbestanddele (bruin asyn, water, suiker, lourierblare, koljandersaad, sout, peperkorrels, borrie, vismasala, gemmer, knoffel en brandrissie) in 'n groot pan. Voeg die uie by en kook rustig tot gaar, maar nie pap nie (sowat 10 minute). Jy kan die sousie verdik met 'n teelepel mielieblom aangemaak met 'n bietjie koue water; voeg dit vir die laaste 2 of 3 minute van die gaarmaaktyd by die kerriesous.

3. Geur die meel met die borrie, sout en peper in 'n vlak bakkie. Druk die vis goed droog met kombuispapier en sny dit in eweredige stukke, so groot soos jy verkies.

4. Rol die vis in die geurige meel en vlakbraai dit in die olie tot bros aan die buitekant en deurgaar (medium-groot mootjies neem sowat 3 minute aan 'n kant).

Werk in sarsies en toets 'n stukkie as jy onseker is. Dreineer die gebakte vis op kombuispapier en laat afkoel.

5. Skep die uiesous en bros vis in lae in 'n lugdigte houer - maak seker die sous bedek die vis en die bak is dig toe - en bêre minstens oornag in die yskas.

Wenke: Gebruik liefs 'n glas- of emaljebak; plastiek gaan vlek.

• Onthou, hoe langer die vis in die piekelsous lê, hoe beter die smaak!

HET JY GEWEET?

Vir kerrievis braai jy die uie voor jy die sous maak, maar vir piekelvis word die uie in die pekel gekook.