Koperpenniewortelslaai

Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
  • - SOUS
  • 160 ml (²⁄₃ k) - suiker
  • 250 ml (1 k) - appelasyn
  • 125 ml (½ k) - water
  • 115 g - tamatiepasta
  • 10 ml (2 t) - worcestersous
  • 15 ml (1 e) - aangemaakte heelkorrelmosterd
  • 5 ml (1 t) - paprika
  • - sout en peper na smaak
  • 20 ml (4 t) - mielieblom aangemaak met ’n bietjie water
  • - SLAAI
  • - olie
  • 1 kg - wortels, geskil en in dun, ronde skyfies gesny
  • 1 - groot ui, in ringe gesny
  • 1 - groen soetrissie, in blokkies gesny
  • Sous: Plaas al die bestanddele in 'n groot kastrol, verhit en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt.
  • Slaai: Verhit die olie in 'n kastrol en roerbraai die wortels, ui en soet­rissie tot net sag maar nog baie bros.
  • Skep die groente in 'n gesteriliseerde fles en giet die warm sous oor. Plaas die deksel op en verseël.

SPELETJIES VANDAG

CTA