Kos En Wyn

Rooibosgerookte heuninghoender

  • - 1 groot heel hoender
  • - 1 lemoen, gehalveer
  • - 30 ml (2 e) stokkies-­rooibostee
  • PIEKEL -
  • - 500 ml (2 k) sterk koue rooibostee
  • - 60 ml (¼ k) elk sojasous en bruinsuiker
  • - 4 knoffelhuisies, gekneus
  • - 1 ui, in kwarte gesny
  • SMEERSEL -
  • - 60 ml (¼ k) heuning
  • - 15 ml (1 e) sojasous
  • - 5 cm vars gemmer, gerasper

Verhit 'n ketelbraai, plaas 'n draadrakkie in die middel en hou 'n vel foelie byderhand.

  • Plaas die hoender in 'n diep marineerbak.

Piekel

  • Vir die piekel, meng die rooibostee, sojasous, bruinsuiker, knoffel en ui goed en giet oor die hoender.
  • Bedek en laat 2 uur in die yskas piekel.
  • Haal die hoender uit en klad met kombuispapier droog.
  • Druk die lemoen in die buik van die hoender.
  • Sit die stokkies in die middel van die foelie en vou toe soos 'n pakkie.
  • Steek 'n paar gaatjies met 'n vurk in die foelie en sit onderin die ketelbraai.
  • Sit die hoender op die draadrakkie en sit die ketelbraai se deksel stewig op.
  • Rooster 1 uur.

Smeersel

  • Vir die smeersel, meng die heuning, sojasous en gemmer deeglik saam.
  • Haal die foeliepakkie ná 1 uur uit die ketelbraai en verf die hoender met die smeersel. Sit die deksel weer op en rooster nog 30 min.
  • Verf weer met die smeersel.
  • Rooster nog 30 min. en verf weer met die smeer­sel. Haal die hoender uit die ketelbraai en laat 10 min. rus.
  • Sny in porsies en sit voor.