- 4.5kg - vars agurkies
- - 1 deel sout tot 4 dele water
- 2.5l - asyn
- 4cup - suiker
- - halwe boks piekel speserye
Vryf die agurkies glad met 'n growwe lap, maak dan genoeg soutmengsel aan om die agurkies te bedek en week dit vir 24 uur.
Kook die asyn, suiker en speserye saam.
Spoel die agurkies uit en plaas dit dadelik in gesteriliseerde flesse of breërandbottels.
Gooi kookwater oor die agurkies in die flesse en laat dit vir sowat 5 minute staan.
Dreineer die agurkies en gooi die kokende asynmengsel oor. Seël die flesse en bêre.
Laat die agurkies vir ten minste een maand staan voor gebruik.









