Lekker! Chakalaka-nacho’s

  • - sowat 500 ml gepluisde gaar hoender
  • 1 - blik (400 g) matige chakalaka
  • 250 g - nacho-skyfies
  • - sowat 250 ml gerasperde mozzarellakaas
  • - guacamole vir voorsit

1 Meng die chakalaka met die hoender en geur na smaak met sout en peper. Rangskik nou die nacho-skyfies en hoendermengsel in lae in 'n oondvaste bak of op 'n plat, oondvaste dienbord.

2 Strooi die kaas oor en sit onder die oond se roosterelement tot die kaas borrel. Sit voor saam met die guacamole.

PST! As jy nie omgee om jou vyf bestanddele te oorskry nie, is 'n skep suurroom en tamatieslaai ook vorentoe bykosse!

SPELETJIES VANDAG

CTA