- 36 - chipolataworsies, verkieslik nog in ’n string
- 2 - eetlepels loperige heuning
- 1 - eetlepel dijonmosterd
- 1 - eetlepel heelkorrelmosterd
- 1 - eetlepel harissasmeer
- 1 - teelepel olie
1. Rol die string worsies in 'n spiraal op en steek dit met sosatiestokkies vas wat jy vooraf in water geweek het (dit verhoed dat die stokkies vlam vat wanneer jy dit oor die kole braai).
2. Klits die res van die bestanddele saam tot 'n sousie en hou dit byderhand.
3. Braai die worsies stadig oor matige kole tot dit begin kleur kry en so te sê gaar is. Vat jou tyd - chipolatas wat te vinnig braai, is geneig om oop te bars en uit te droog.
4. Sodra die wors na aan gaar is, kan jy kort-kort van die sousie aanverf en dit dan verder braai totdat die chipolatas glansend en lekker taai is. Sit dit voor saam met kapokaartappels en 'n groenslaai.
Wenk
Ryg middeldeurgesnyde uitjies ook op sosatiestokkies en braai dit saam as 'n bygereg.








