Kos + wyn

Kortpadkos: Ham-en-kaas-spaghetti

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 400g - spaghetti
  • 15ml - olyfolie
  • 80ml - botter
  • 2 - vet knoffelhuisies, dun gesny
  • 300g - gerookte ham, in repies gesny
  • 125ml - gerasperde parmesaan

1. Kook die spaghetti in soutwater tot al dente.

2. Verhit die olie en botter saam in 'n groot pan terwyl die pasta kook en braai die knoffel oor lae hitte tot dit net begin verkleur. Roer die ham by en braai vir nog 'n paar minute.

3. Sodra die pasta gaar is, skep dit so bietjie nat oor in die pan met die botter, voeg die helfte van die parmesaan by en vou alles saam. Skud die pan. Jy kan dit ook soos 'n pannekoek in die lug gooi as jy die selfvertroue het. Die idee is om die botter, kaas en pastawater saam te emulsifiseer sodat elke pastalint bedek is.

Die botter, kaas en ham is sout, so geur oordeelkundig met vars gemaalde swartpeper, skep in warm bakkies en sit voor met die ekstra kaas.

WENK: Jy kan natuurlik gesnipperde murgpampoentjies, peulertjies of 'n hand vol babaspinasieblare saam in die botter braai vir lyf - maar net so eenvoudig gemaak, is dit 'n persoonlike gunsteling.

CTA