Kos + wyn

Groen pasta

Foto: Michael le Grange
Foto: Michael le Grange
  • 1 - ui, fyngekap
  • 2 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 - ansjovisfilette, fyngekap
  • 250g - sak skoongewaste spinasie
  • 250ml - room
  • - sap en gerasperde skil van 3 suurlemoene
  • 500g - ak pasta van jou keuse
  • - olyfolie vir braai
  • - sout en varsgemaalde swartpeper
  • - parmesaankaas vir voorsit

Gebruik spinasie vir die pastasous - jou kinders gaan nie eens weet hulle eet groente nie.

Verhit 'n middelslagpot oor hoë hitte tot warm en voeg 'n groot skeut olyfolie by.

Voeg uie, knoffel en ansjovis by en roerbraai 2-3 minute of tot uie begin verbruin.

Voeg spinasie by en plaas deksel op pot.

Laat spinasie stoom vir 5 minute.

Voeg room by en bring tot kookpunt.

Verwyder van hitte en voeg sap en skil van suurlemoene by.

Bring 'n pot met water tot kookpunt en kook pasta volgens aanwysings op pak.

Pols spinasiemengsel met 'n staafmenger tot 'n gladde sous vorm.

Geur goed met sout en peper.

Dreineer pasta en voeg by sous.

Meng deur en sit voor met parmesaankaas.

Herman Lensing bygestaan deur Estèe Skein

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM