‘Herderspastei-’ aartappels

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 8 - middelslag-aartappels, ewe groot
  • 5ml - olyfolie
  • - ’n strooisel seesout
  • 250ml - klaarbereide ragù
  • 15ml - gekapte pietersielie of grasuie
  • 125ml - gerasperde beleë cheddarkaas
  • 10ml - botter

1. Prik die aartappels 'n paar keer met 'n vurk. Rangskik die aartappels om die rand van die mikrogolfglasbord en mikrogolf vir 10 minute. Besprinkel met olyfolie, geur met sout en bak in die lugbraaier vir nog 10-15 minute of tot bros en deurgaar. Laat effens afkoel tot hanteerbaar.

2. Sny die aartappels se bokante af en hol versigtig uit. Druk die aartappelvlees fyn in 'n mengbak. Geur na smaak met sout en peper, roer die pietersielie en die helfte van die kaas by.

3. Vul die aartappelbakkies met die ragù en plaas in 'n vuurvaste bak wat in die lugbraaier pas. As dit meer sous as vleis is, kan jy dit eers op die stoof afkook of met 'n lepel mielieblom verdik. Skep die geurige kapok op die gevulde aartappels. Stip met botter en strooi die oorblywende kaas oor.

4. Lugbraai die gevulde aartappels vir 5 minute teen 200°C of tot die kaas gesmelt en die outjies deurwarm is.

SPELETJIES VANDAG

CTA