genoeg vir 6-8 porsies
KORS
- 750 ml Post Toasties (graanvlokkies), fyngedruk voor jy dit afmeet
- 230 g (250 ml) gesmelte botter
- 200 g (250 ml) suiker
- 5 ml fyn kaneel
Vir die kors, meng al die bestanddele goed (Post Toasties, botter, suiker, kaneel) en gooi in 'n oondbak van sowat 25 x25 cm. Voer die bodem en kante met die korsmengsel uit en druk goed vas.
VULSEL
- 1 liter melk
- 60 ml meel
- 500 ml suiker
- 30 ml botter
- 4 eiers, geskei
Verhit oond tot 160 °C. Gebruik 'n bietjie van die melk om die meel in 'n dun pasta aan te maak. Verhit res van melk tot kookpunt. Voeg meelpasta, suiker en botter by. Roer heeltyd tot die vulsel soos 'n dun witsous lyk en verwyder van plaat. Klits eiergele en voeg by wanneer die melkmengsel afgekoel het. Klits eierwitte styf en vou in by melkmengsel. Gooi in bak wat met die kors uitgevoer is. Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol is.






