- - ’n groot klont botter
- 250g - spek, gesnipper
- 1 - ui, fyngekap
- 2 - knoffelhuisies, fyngekap
- 2 - stingels seldery, fyngekap
- 350ml - bier (lager)
- 1,5 kg - bevrore halfskulpmossels, ontdooi
- 125ml - room (opsioneel)
- 30ml - grasuie en pietersielie elk, gekap
- - lemmetjie- of suurlemoensap na smaak
- - varsgemaalde swartpeper
- - vars brood of geelrys
1 Smelt die botter in 'n groot kastrol (of oor die kole in 'n swartpot) en braai die spek tot bros. Skep dit uit, maar behou die vet in die kastrol en braai die ui, knoffel en seldery stadig vir sowat 5 minute.
2 Gooi die lager by en verhit dit tot kookpunt.
3 Gooi die mossels by, sit die deksel op en stoom dit vir sowat 3 minute.
4 Roer die room, kruie en suurlemoensap by die mossels in die kastrol en roer dit tot net-net warm. Verwyder dit van hitte. Sprinkel die bros spek oor en geur dit met swartpeper. Sit die mossels voor met vars brood of geelrys.
WENK
'n Pak halfskulpmossels is gerieflik, maar vervang dit gerus met vars swartmossels as jy dit kan kry. Gee elke mossel eers 'n tikkie met 'n lepel om te kyk of dit nog vars is - die mossels wat nie toegaan nie, is nie geskik nie. Was die skulpe skoon en verwyder die baardjie voordat jy dit gaarmaak.

















