Kos + wyn

Heerlike lamsnek-kerriepot

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • - kole of hout vir braai
  • 30 ml - olyfolie
  • 1,5 kg - lamsnek en -blad, in tjops gesny
  • 2 - uie, grofgekap
  • 4 - knoffelhuisies, fyngekap
  • - stuk vars gemmer (soos jou duim), geskil en gerasper
  • 15 ml - vinkelsaad, fyngemaal
  • 10 ml - fyn komyn
  • 10 ml - fyn koljander
  • 1 - kaneelstok
  • 15 ml - garam masala
  • 5 - kardemompeule, oopgebreek
  • 1 of 2 - brandrissies, opgekap (na smaak – hang af hoeveel jy van brand hou)
  • 15 ml - borrie
  • 4 - groot vars tamaties, skil verwyder en gekap
  • 4 - ryp piesangs, fyngedruk
  • 2 - appels, gerasper
  • - sap van 1 suurlemoen
  • 400 ml-blik - klappermelk
  • 250 ml - vleisaftreksel soos lam of bees
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g-sak - baba-aartappels, geskil en gehalveer

Kry kole mediumwarm - jy kan maar 'n groot vuur maak, want jy gaan heeltyd kole bysit.

Verhit olyfolie in 'n groot pot of driepootpot wat oor die vuur kan gaan. Braai vleis in sarsies tot mooi bruin en hou eenkant.

Braai uie tot sag en deurskynend in dieselfde pot.

Voeg knoffel, gemmer en al die speserye by. Braai vir 'n minuut om die geure te ontwikkel. Voeg tamatie, piesang, appel, suurlemoensap en klappermelk by.

Voeg gebraaide vleis en aftreksel by, geur met sout en peper en roer deur.

Wanneer mengsel begin kook, bedek met deksel en laat stadig prut vir sowat 1 uur - voeg elke nou en dan nog kole by. Voeg aartappels ná 'n uur by.

Laat verder kook vir nog sowat 1 uur tot vleis lekker sag is. Proe en pas geurmiddels aan. Sit voor met rys of enige ander stysel van jou keuse.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

CTA