Kos + wyn

Lieflike lamspastei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 60 ml - olyfolie
  • 1,5 − 2kg - lamstowevleis (nek, rib en skenkels)
  • 100 ml - meel
  • 10 ml - fyn koljander
  • 10 ml - fyn komyn
  • 25 ml - masalakerriepoeier
  • 2 - uie, fyngekap
  • 4 - selderystingels, fyngekap
  • 4 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 - duim vars gemmer
  • 125 ml - tamatiepasta
  • 250 ml - vleisaftreksel
  • 1 - groot blik gekapte tamaties
  • 1 - lourierblaar
  • 60 ml - blatjang
  • - BOLAAG
  • 6 - middelslag-aartappels
  • 4 − 6 - middelslag-patats

Oondtemperatuur: 200°C

1. Verhit die olie in 'n swaarboompot. Strooi die meel en speserye oor die lam en braai dit in sarsies tot goudbruin. Skep die vleis uit in 'n oondbak. As daar enige meel oorbly, voeg dit ook by die vleis in die oondbak. Braai nou ook die gekapte groente, knoffel en gemmer tot glansend. Voeg die tamatiepasta by en braai nog 'n minuut. Voeg die aftreksel en gekapte tamaties by en verhit tot deurwarm. Giet oor die vleis, sit die lourierblaar by en bak, bedek, in 'n voorverhitte oond vir sowat 2 uur.

2. Maak die bolaag Voer twee bakplate met bakpapier uit en teken sirkels daarop so groot soos die individuele bakkies se bokante. Skil die aartappels en patats en sny in dun skyfies (gebruik 'n mandolien). Sit die groente in water tot jy dit gebruik - dit sal keer dat die groente verkleur.

3. Pak nou die aartappels en patat afwisselend in 'n blompatroon in die getekende sirkels, geur met sout en peper en stip rojaal met botter. Bedek met foelie en bak sommer saam met die vleis in die warm oond vir sowat 1 uur.

4. Stel dit saam Vlok die vleis van die been af en skep dit terug in die sous. Roer die blatjang by en skep in individuele gesmeerde bakkies. Lig versigtig die bo-lae van die bakplate af op die voorbereide pasteitjies en bak dit vir nog sowat 30 tot 40 minute tot deurwarm en goudbruin.

Wenk:

'n Kombinasie van lamsnitte verseker dat daar genoeg vleis in die pot is en nie te veel bene nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM