Tuis-Leser Berna Badenhorst het haar eenvoudige "copycat" resep vir vissmeer met ons gedeel, al die pad uit Kanada. Hierdie eenvoudige resep (ongetoets) is soos volg en kan na smaak aangepas word.
Bestanddele
• 1-2 blikkies sardientjies in olie, gedreineer
• ‘n blikkie ansovis-filette in olie (gedreineer)
• 1-2 eetlepels tamatiepasta
Metode
1. Dreineer die sardientjies. Meng met die ansjovissies en genoeg van die ansjovieblik se olie in jou versapper - of met ‘n staafmenger tot glad.
2. Geur, as jy wil, met ‘n eetlepel of twee tamatiepasta (of puree vir ‘n minder gekonsentreerde tamatiesmaak) en voila!
3. Opsionele ekstra bestanddele sluit in: sout, peper, suurlemoensap en selfs vars of gedroogte rissie as jy wil afwyk van die klassieke smeer.
Geniet hom!
















