- 250 ml - strooisuiker
- 2 - eiers
- 30 ml - appelkooskonfyt
- 375 ml - bruismeel
- 5 ml - koeksoda
- - ’n knippie sout
- 30 ml - botter
- 15 ml - asyn
- 200 ml - melk
- SOUS -
- 1 blik (380 g) - ingedampte melk
- 60 ml - botter
- 60 ml - bruinsuiker
- 60 ml - Amarula-roomlikeur
1 Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die strooisuiker en eiers saam tot lig en romerig. Klits die appelkooskonfyt by.
2 Sif die droë bestanddele (bruismeel, koeksoda, sout) saam. Smelt die botter en meng dit met die asyn en die melk.
3 Vou die droë bestanddele en die melkmengsel om die beurt by die romerige eiermengsel in. Giet dit in 'n gesmeerde oondbak en bak vir sowat 45 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
4 Sit intussen al die sousbestanddele in 'n kastrol (ingedampte melk, botter, bruinsuiker, Amarula-roomlikeur) en roer tot die suiker opgelos is - moenie dat dit kook nie.
5 Prik die poeding met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die sous oor. Sit dit warm voor met roomys en vla.














