Kos + wyn

Maklike marmelade-stoompoeding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
ads
ads
  • 125 g - sagte botter
  • 60 ml - bruinsuiker
  • 60 ml - marmelade*, plus ekstra vir voorsit
  • 2 - ekstragroot eiers
  • 310 ml (1¼ koppie) - meel
  • 7,5 ml - bakpoeier
  • ’n knippie - sout
  • 150 ml - warm melk

Foto's Ed O'Riley

As jy nie van marmelade hou nie, kan jy dit met gesmelte appelkooskonfyt of selfs gouestroop vervang vir geurige soetigheid. 'n Knypie gedroogde gemmer is ook heerlik by die beslag.

1 Klits die botter, suiker en marmelade saam tot romerig en goed gemeng. Voeg die eiers by en klits tot gemeng.

2 Sif die meel, bakpoeier en sout oor die beslag en klits by. Voeg laaste die melk by en klits tot net glad.

3 Skep die beslag in 'n gesmeerde jellievorm, glasmengbak of broodpannetjie met 'n inhoudsmaat van 1 liter en maak dit stewig toe met foelie. Die foelie keer dat die stoom direk kontak maak met die poeding.

4 Sit die poeding in 'n kastrol en giet genoeg kookwater in die kastrol dat die poeding halfpad in die water staan. Plaas op 'n stoofplaat en bring die water tot kookpunt, maar draai dan die hitte laer sodat die water net saggies prut en nie wild kook nie. Sit die deksel op en laat dit vir sowat 2½ uur stoom. Jy mag loer, maar moenie te veel stoom laat ontsnap nie.

Toets die poeding met 'n dun toetspen om seker te maak dit is gaar en laat dit dan effens afkoel voor jy die poeding versigtig uitkeer. Skep 'n lepel gesmelte marmelade bo-op. Ek voeg 'n strooisel vars tiemie by, maar dit is opsioneel. Sit dit warm of teen kamertemperatuur voor met lekker baie romerige vanieljevla.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM