- 1 - groot heel hoender
- 2 - uie, in skywe gesny
- 4 - knoffelhuisies, grofgekap
- - hand vol tiemieblare
- 50ml - beesaftreksel
- 60ml - olyfolie
- - sout en varsgemaalde swartpeper
- TAPENADE -
- 400g - groen olywe, ontpit
- 6 - ansjovisfilette
- 10 - kappertjiesade (capers)
- 120ml - olyfolie
- 1 - knoffelhuisie
- - hand vol pietersielie
Vir my is hierdie die beste oondbraai-hoenderresep wat jy kan kry. Dis alles wat jy wil hê: 'n bros vel, sagte vleis en 'n geurige sous.
Verhit oond tot 180 °C.
Plaas hoender in 'n oondbestande pot met 'n deksel.
Plaas res van bestanddele in pot en geur hoender goed met sout en peper.
Maak toe met deksel en bak 45-60 minute of tot die hoender gaar is.
Kyk ná 30 minute of daar nog genoeg vloeistof in die pot is.
Indien nie, gooi nog aftreksel by.
Haal deksel af wanneer hoender gaar is en bak oop vir nog 10-15 minute of tot goudbruin.
Terwyl hoender rooster, maak die tapenade
TAPENADE
Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde mengsel.
Geur goed met sout en peper.
Plaas gaar hoender op dienbord en skink tapenade oor.
Sit voor met slaai van jou keuse.

















