Kos + wyn

Dié hoenderboudjies word gegeur met ’n bobaas-invryfmengsel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 8 - hoenderboudjies
  • 1 eetlepel - dubbelroom-jogurt
  • 1 teelepel - gerookte paprika
  • 2 eetlepels - vars suurlemoensap
  • ½ teelepel - sout
  • ½ teelepel - rissiepoeier
  • ½ teelepel - knoffel, fyngekap
  • ½ teelepel - vars gemmer, fyngekap
  • 1 eetlepel - olyfolie

1 Maak met 'n skerp mes twee diep insnydings in die vlees van elke boudjie. Meng die res van die bestanddele saam en vryf die hoender dan goed daarmee in voordat jy dit vir 1 uur in die yskas laat marineer.

2 Haal die hoenderstukke betyds genoeg uit sodat dit eers weer kamertemperatuur kan bereik en braai dit dan oor redelik warm kole sodat die buitekant kleur kan kry. Skuif die hoender hoër of krap die kole effens oop en braai dit stadig verder totdat die hoender deurgaar is. (Dit neem sowat 20 minute, afhangende van die hoenderstukke se grootte.)

Wenk

Braai twee suurlemoenhelftes saam met die hoender en drup die warm sap oor die vleis wanneer dit van die rooster af kom. 'n Strooisel seesout en varsgemaalde peper is ook lekker.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

CTA