Die geheim agter dié hoender se Oosterse geur? Bruinsuiker, gemmer en vissous!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 8 - hoenderdye
  • 1 eetlepel - sesamolie
  • ⅓ koppie - ligbruinsuiker
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 1 - knoffelhuisie, heel
  • 1 eetlepel - vissous (opsioneel, sien wenk)
  • 1 koppie - flou hoenderaftreksel
  • 1 eetlepel - ligte sojasous
  • 1 - rooi brandrissie, fyngekap
  • - gestoomde basmati- of jasmynrys
  • ’n strooisel - vars koljander of basiliekruid

1 Maak met 'n skerp mes twee of drie diep insnydings deur die vel van elke dytjie. Verhit die olie in 'n swaarboompan en braai die hoender - velkant na onder - tot mooi goudbruin. Draai om en braai vir nog 'n paar minute. Skep die hoender uit en hou eenkant. (Dit hoef nog nie deurgaar te wees nie, net mooi bruin.) Geur die hoender solank liggies met sout en swartpeper.

2 Roer nou die bruinsuiker, gemmer, knoffel en vissous saam in dieselfde pan waarin die hoender gebraai is. Die suiker moet smelt. Roer ná 'n minuut of twee die aftreksel en sojasous by, voeg die hoender terug in die pan en roerbraai tot die vleis gaar en die sousie mooi dik en klewerig afgekook is. (Dit neem sowat agt minute.) Skep die knoffelhuisie uit en sit die geurige hoender en sousie op rys voor. Bestrooi met die brandrissie en vars kruie.

Wenk

Vissous is iets om aan gewoond te raak. Die geur van die rou produk kook wel weg in die dis, en slegs 'n lekker souterige geur bly agter, belowe! Indien jy egter katvoet is vir vissous, kan jy dit met 'n eetlepel appelasyn vervang.

Johané Neilson | Foto: Shelley Christians

SPELETJIES VANDAG

CTA