- 500 g - hoenderlewers, skoongemaak en in hapgrootte blokkies gesny
- ¾ koppie - Coca-Cola
- 2 - dik repe gerookte varkspek (rashers) of gebruik 200 g spek, gesnipper
- 1 - groot ui, fyngekap
- 1 - knoffelhuisie, fyngekap
- 2 eetlepels - olyfolie
- 2 eetlepels - mielieblom
- 1 sopie (25 ml) - brandewyn
- 1 blik (400 g) - wit bone, gedreineer
- 1 blik (400 g) - gekapte tamaties
- - roosterkoek, botter en brandsous om voor te sit
1 Giet die Coke oor die lewer en marineer dit vir ongeveer 15 minute -dit maak die lewer heerlik sag.
2 Braai die spek, ui en knoffel saam in een eetlepel olie tot die mengsel geurig en gaar is. Skep dit uit.
3 Dreineer die lewer en rol dit in die mielieblom. Geur dit met sout en peper en braai die lewer nou in die orige olyfolie tot heerlik bruin en bros.Voeg ekstra olie by indien nodig.
4 Roer die brandewyn by die pan in en kook die mengsel tot dit so te sê droog is. Roer nou die gebraaide spekmengsel, bone en tamaties by die pan en verhit dit tot deurwarm. Jy kan 'n strooisel pietersielie byvoeg as jy dit byderhand het.
Ry & Sleep sê
Gebotterde roosterkoek met 'n skeutjie van jou gunsteling-brandrissiesous is heerlike pasmaats vir dié outjie.




















