- ½ - pynappel, geskil en grofgekap
- 2 - knoffeltoontjies, geskil
- 1 stuk (2 cm) - vars gemmer, geskil en grofgekap
- ⅓ koppie - ligbruinsuiker
- ’n knippie - cayennepeper
- 2 eetlepels - mielieblom
- 1 teelepel - sout
- ¼ koppie - appel- of rooiwynasyn
- 1 eetlepel - worcestersous
- 1½ koppies - pynappelsap
- ’n sopie - wit rum (opsioneel)
1 Meng al die bestanddele saam in 'n bekerversapper en pols die mengsel tot mooi glad. As jy nie omgee vir 'n bietjie tekstuur nie, kan jy ook jou staafmenger gebruik vir dié taak.
2 Verhit die sous in 'n kastrolletjie tot kookpunt, verlaag die temperatuur en prut die mengsel tot dit verdik. Haal dit van die hitte af, giet dit in 'n gesteriliseerde fles en wag tot dit heeltemal afgekoel het voor jy die fles seël en in die yskas bêre.
Ry & Sleep sê
Marineer 'n plathoender vir 'n uur of drie in 'n koppie koue sous en braai hom dan oor die kole. As die kinders nie saam eet nie, sprinkel ek ook brandrissie en gekapte sprietuie oor die kiepie!














