Hoender-voupakkie
Soetrissie, tamatie en knoffel gee die immuunstelsel 'n hupstoot.
Genoeg vir vier mense
Bestanddele
- 8 e B-well Canola & Olive-olie
- 4 hoenderborsies, in repies gesny
- 1 t (5 ml) gekapte knoffel
- varsgemaalde swartpeper
- 2 t (10 ml) laesout-sojasous
- 4 tortillas
- slaaiblare
- 1 k (250 ml) pynappel, gekap
- 16 kersietamaties, gehalveer
- dun skyfies komkommer
- 1 k (250 ml) gekapte rooirissies
- 1 blik (410 g) rooi nierbone, gedreineer en afgespoel
- 4 e (60 ml) gerasperde mozzarella
Gaan so te werk
1. Giet 'n bietjie olie in 'n pan en braai die hoenderrepies, knoffel en peper. Verwyder van die hitte wanneer gaar en ligbruin.
2. Meng die res van die olie en sojasous goed saam.
3. Verhit die tortillas vlugtig in die mikrogolfoond.
4. Plaas 'n tortilla op elke bord. Pak 'n kwart van die slaaiblare bo-op elkeen, gevolg deur 'n kwart van die pynappel, tamaties, komkommer, rissies en bone.
5. Sprinkel die olie-en-sojasousmengsel oor elke vulsel en rond af met die kaas. Vou toe en sit voor.
Bak vol groen krag

Spinasie en avokado is vol kankerwerende voedingstowwe.
Genoeg vir vier mense
Bestanddele
- 2 e (30 ml) B-well Canola-olie
- 1 k (250 ml) melk
- 4 k (4x250 ml) spinasie
- 1 middelslag-avokado
- 2 middelslag-piesangs
- 1½ k (325 ml) bevrore pynappel
- ½ mango
- 1 e (15 ml) chiasaad
- 1 e (15 ml) geroosterde klapper of pampoensaad
- 2 t (10 ml) chiasaad
- ½ k (125 ml) aarbeie, bloubessies of frambose
Gaan so te werk
1. Plaas die eerste 8 bestanddele in 'n voedselverwerker.
2. Meng aanvanklik stadig en skraap die kante van die bak 'n paar keer om seker te maak dat alles goed ingemeng is. Sodra die mengsel dik en romerig is, kan jy die spoed verhoog.
3. Verdeel die mengsel tussen vier bakke en sprinkel die laaste drie bestanddele oor.
Reënboogrys

Genoeg vir vier tot ses mense
Bestanddele
RYSMENGSEL
- 200 g bruin-en-wilderys met lensies, gaargemaak en afgekoel
- 1 blik (410 g) botterbone, afgespoel en gedreineer
- blik (410 g) rooi nierbone, afgespoel en gedreineer
- 2 tamaties, gekap
- 1 rooirissie, gekap
- 1 geelrissie, gekap
- 1 ui, gekap
- ½ komkommer, gekap
- 90 g gemengde neute, gekap
SLAAISOUS
- ½ k (125 ml) B-well Canola & Olive-olie
- ¼ k (60 ml) balsemieke asyn
- 1 e (15 ml) suurlemoensap
- ½ t (2,5 ml) elk pietersielie, origanum en tiemie
- 1 t (5 ml) sesamsaad
- sout en swartpeper na smaak
Gaan so te werk
1. Meng al die rysmengsel-bestanddele.
2. Meng al die slaaisousbestanddele goed en giet oor die rysmengsel.
3. Verkoel en sit voor.
Veganistiese quinoa-bak

Quinoa is besonder voedsaam en het kankerwerende eienskappe.
Genoeg vir twee tot vier mense
Bestanddele
- 1 e (15 ml) B-well Canola-olie
- ½ rooi-ui, gekap
- 1 rooirissie, gekap
- 1 t (5 ml) fyn komyn
- ½ t (2,5 ml) sout
- 1 k (250 ml) quinoa, goed afgespoel
- 1 k (250 ml) gekoopte salsa
- 1 k (250 ml) water
- 1½ k (325 ml) gaar swartbone
- avokadoskyfies
- vars koljanderblare
- gekapte sprietuie
- ekstra salsa
- gekapte slaaiblare
- lemmetjiewiggies
Gaan so te werk
1. Verhit die olie in 'n kastrol. Braai die ui en rooirissie 5-8 minute. Voeg die komyn en sout by en braai nog 'n minuut of twee.
2. Voeg die quinoa, salsa, water en bone by. Sit die deksel op 'n laat 10-15 minute prut tot die quinoa al die vloeistof geabsorbeer het.
3. Verwyder die deksel. Maak die quinoa met 'n vurk los. Rond af met die avokado, koljander, sprietuie, ekstra salsa en slaaiblare. Sit warm voor saam met die lemmetjiewiggies.
Chimichurri-Biefkebabs

Koljander is 'n kragtige antioksidant en smaak heerlik!
Genoeg vir vier tot ses mense
Bestanddele
- ½ k (125 ml) B-well Canola-olie
- 1/3 k (80 ml) suurlemoensap ¦
- 3 k (750 ml) vars koljanderblare
- 3 knoffelhuisies
- 1 t (5 ml) rooipepervlokkies
- 1 t (5 ml) droë origanum
- sout en peper na smaak
- 600 g lendesteak (sirloin)
- 8 hout-kebabstokkies, 30 minute in water geweek
Gaan so te werk
1. Meng die olie, suurlemoensap, koljanderblare, knoffel, pepervlokkies, origanum, sout en peper in 'n voedselverwerker tot 'n dik puree vorm. Skep twee derdes van die puree in 'n lugdigte houer en plaas in die yskas.
2. Sny die vleis in 4 cm-blokkies en plaas saam met die res van die puree in 'n toerits-plastieksakkie. Marineer minstens 4 uur of oornag in die yskas.
3. Ryg die biefblokkies op die kebabstokkies met 'n bietjie plek tussen elke blokkie. Gooi die oorskietmarinade weg. Sprinkel sout na smaak oor.
4. Braai 'n paar minute aan elke kant oor die kole of in die oond tot die verlangde vlak van gaarheid. Bedruip met die puree wat in die yskas is. Sit warm voor.
WENK: Sit die oorblywende sous met 'n groenslaai voor.
DANKIE!
B-well Canola Oil en KANSA het koppe bymekaargesit om 'n gratis aanlyn kookboek vol kankerwerende resepte te skep. Klein veranderinge aan jou dieet kan 'n groot verskil maak aan jou gesondheid - jou keuse van olie inkluis.
Om die hele Smart Choice Cookbook deur dieetkundige Megan Pentz-Kluyts te besigtig, gaan na bwellfoods.co.za/cookbook/
Megan sê 'n gesonde dieet is die hoeksteen wat jou help om jou kankerrisiko te verminder, en "die gebruik van kookolie soos B-well Canola Oil, wat minder versadigde vette as vele ander olies bevat, is 'n waardevolle stap in die regte rigting.
Kanola-olie is ryk aan omega-3's en bevat net 7 persent versadigde vet, wat dit 'n goeie en gesonde keuse maak." Meer inligting is te kry by bwellfoods.co.za.



















