- 4 - preie, gekap
- 2 - wortels, geskil en gekap
- 200 g - sampioene, gekap
- 15 ml - elk olie en botter
- 600 - 700 g - hoenderfilette (ons het dyfilette gebruik), in groot blokke gesny
- 30 ml - meel
- 125 ml - aftreksel
- 125 ml - room
- 1 - middelgroot patat, geskil en in blokkies gesny
- 250 ml - bevrore ertjies
- - ’n paar takkies tiemie
1 Roerbraai die preie, wortels en sampioene in die olie en botter tot glansend. Rol die hoender in die meel en voeg by; braai tot mooi bruin. Roer die aftreksel, room en patatblokkies by en laat prut tot die hoender en patat gaar is (sowat 30 minute).
2 Roer die ertjies en tiemie by en laat stoom vir 5 minute. Geur na smaak met sout en peper en sit voor met rys.














