Kos + wyn

Romerige varkkorma

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 30 ml - olie
  • ±300 g - varknek, in repe gesny
  • 1 - bossie spinasie
  • 2 - knoffelhuisies, gekap
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 15 - 30 ml - korma-kerriepasta
  • 1 - patat, in klein blokkies gesny
  • 250 ml - room
  • 1 - bossie sprietuie, gekap
  • 50 g - amandelsplinters, gerooster
  • - vars koljander en gestoomde rys vir voorsit

1 Verhit die olie in 'n pot en braai die vark vinnig tot oraloor bruin.Skep die vleis uit, maar behou die olie.

2 Sny die spinasie se wit are uit; kap die blare en are apart fyn.Braai die are saam met die knoffel en gemmer tot geurig. Voeg nog'n skeut olie by indien nodig.

3 Roer die korma-kerriepasta (kyk hoe sterk joune is voor jy ditinroer) en patat by. Braai vir sowat 2 minute voor jy die roombyvoeg. Sit die pot se deksel op en kook vir nog 5 minute.

4 Roer die spinasieblare, vleis, sprietuie en amandels by. Laatliggies prut tot die vleis en groente net gaar en geurig is. Geur nasmaak met sout en peper en sit voor met die vars koljander en rys

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM