RESEP: Soortvan-bobotie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 - groot ui, gekap
  • 45 ml - matige kerriepoeier
  • 1 kg - beesmaalvleis
  • 2 - snye witbrood, in ’n bietjie melk geweek
  • 1 - ryp piesang, fyngedruk
  • 3 - eiers
  • 250 ml - melk
  • - + sout en varsgemaalde swartpeper en olyfolie vir braai

Verhit oond tot 180 °C. Verhit skeut olyfolie in groot oondvastepan tot warm. Braai uie in warm olie tot deurskynend. Voegkerriepoeier by en meng deur. Braai tot geurig. Voeg maalvleisby, meng goed en verbruin. Geur met sout en peper. Giet melkvan brood af (hou ekstra melk vir vla), druk fyn en meng deurmaalvleismengsel. Voeg piesang by. Skep mengsel in oondpansodat dit effens hoër is in die middel en die eiervla aan die kantekan opdam. Klits eiers en melk saam vir vla en giet oor maalvleis.Bak vir 30-40 minute in warm oond tot vla gestol het.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

SPELETJIES VANDAG

CTA