- STROOP -
- 500ml - water
- 200g - (250 ml) suiker
- 25ml - kakaopoeier
- 5ml - vanieljegeursel
- KOEK -
- 600g - boks sjokoladekoek-mengsel
- 3 - eiers
- 250ml - kanola-olie
- 250ml - sterk warm koffie
Ek is nie skaam vir kortpad vat in die kombuis nie, hier maak ons sommer 'n bokskoekmengsel en bak dit in stroop.
Stroop
Plaas al die bestanddele vir die stroop in 'n middelslagpot en roer oor lae hitte tot alles gemeng is.
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Haal van hitte af en hou eenkant.
Koek
Verhit oond tot 180 °C en spuit 'n patroonpan met 'n inhoudsmaat van 2 liter met kleefwerende kossproei.
Maak bokskoekmengsel aan volgens aanwysings op verpakking met eiers, olie en koffie.
Gooi beslag in voorbereide pan.
Gooi sous oor en bak vir 30-35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Keer gaar koek uit op opdienbord en sit voor.







