Leef

LEES WEER: SARIE.com se top-10-stories vir Juliemaand

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Oud-Springbok-rugbyspeler Jannie du Plessis en vrou Ronel maak harte oop oor dood van hul seun

Jannie du Plessis. Foto: Verskaf
Jannie du Plessis. Foto: Verskaf

Ouers is nie veronderstel om hul kinders te oorleef nie en niks is ooit weer dieselfde nadat 'n ouer 'n kind aan die dood moes afstaan nie. Lees meer hier.

2. ‘Binnelanders' se Odelle de Wet vertel: ‘Dalk het ek bang nodig om braaf te wees'

Odelle de Wet. Foto: Verskaf
Odelle de Wet. Foto: Verskaf

Die afgelope tyd was maar moeilik vir arme Delia van ‘Binnelanders'. Uiteindelik het sy besluit om die kuberkrakers te betaal en het daarna na Thailand gereis om net 'n bietjie weg te kom van al die drama. Lees meer oor Odelle se planne vir die toekoms hier.

3. Eben en Anlia se wildtuin-wegbreek: Kyk waar hou hul vakansie!

FOTO: Instagram (@anliastar / Anlia Etzebeth)
FOTO: Instagram (@anliastar / Anlia Etzebeth)

Die Etzebeth-gesin het 'n heerlike wegbreek by Matumi River Lodge geniet. Kyk die foto's hier.

4. Anlia Etzebeth: ‘Eben maak my die gelukkigste vrou op aarde'

Anlia Etzebeth. Foto: Marijke Willems
Anlia Etzebeth. Foto: Marijke Willems

Die laaste paar jaar het sy al soveel hoogtepunte beleef. Rolle in plaaslike en oorsese TV-reekse, films, die hoendervel-oomblik toe sy voor 'n skare van 50 000 die volkslied gesing het.

Maar vir nou, aan die sy van haar Eben, fokus Anlia Etzebeth net op een rol - dié van ma-wees vir hul grapjas-dogtertjie. Lees meer hier.

5. Jou Ozempic-lyf . . . maar ai, nou's die lewe saai!

Foto ter illustrasie: Getty Images
Foto ter illustrasie: Getty Images

Jy spog met jou nuwe Ozempic-rooitapytlyf, maar is lus vir niks! Net 'n inspuiting om moeiteloos gewig te verloor? Nie so eenvoudig nie. Oor kos voel jy dalk anders, jy is minder sosiaal, vir seks is jy sku. Jy's net nie jouself nie . . . Vind meer uit hier.

6. Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof aan Luke ten Oever: ‘Ons is gereed om ons vreugde te deel'

Foto: Facebook
Foto: Facebook

Na drie jaar se liefde en lojaliteit het Mia le Roux - Mej. Suid-Afrika 2024 en die eerste dowe vrou wat die titel ooit gewen het - verloof geraak aan haar kêrel, Luke Ten Oever. Kyk die mooi kiekies hier.

7. Het jy gehoor: ‘Egoli'-sterre Lindie en Anrich binnekort kassie-paartjie in ‘Suidooster'

Hoewel Lindie en Anrich Egoli-alumni is, het hulle nog nooit teenoor mekaar gespeel nie. Foto: Gys Loubser
Hoewel Lindie en Anrich Egoli-alumni is, het hulle nog nooit teenoor mekaar gespeel nie. Foto: Gys Loubser

Lindie Strydom het in 1997 in die kollig verskyn toe sy pas van die skoolbanke die rol van Karen Edwards in ‘Egoli' begin vertolk het, terwyl Anrich Herbst, wat as 15-jarige sy groot deurbraak as Wimpie in ‘Orkney snork nie' gemaak het, weer Dewald Vorster (van 1991 tot 1995) in dieselfde ikoniese M-Net-sepie gespeel het. Vind meer uit hier.

8. KYK: Baba Halki Hopkins-Lourens is hier

FOTO: Marguerite & Roy Photography
FOTO: Marguerite & Roy Photography

Marciel Hopkins-Lourens en haar manlief, Handrè Lourens, het op 12 Januarie aangekondig dat sy swanger is met hul eerste pienkvoet.

Sedertdien het die geliefde televisie-aanbieder haar reis as swanger vrou eerlik en openhartig op sosiale media gedeel en bewys hoe 'n mens elke dag met selfvertroue en styl kan opdaag - selfs op die dae wat dit nie altyd so maklik voel nie. Kyk hoe oulik hier.

9. ‘My f*k, Marelize!' is op pad na die grootskerm en net so snaaks soos die eerste keer!

Een van die goed wat ons nou al vir jare laat giggel en selfs skater, is die video van arme Marelize wat moes leer fietsry op die skool se rugbyveld. . .
Een van die goed wat ons nou al vir jare laat giggel en selfs skater, is die video van arme Marelize wat moes leer fietsry op die skool se rugbyveld. . .

Suid-Afrikaners is mal daaroor om te lag en grappies te maak. Een van die goed wat ons nou al vir jare laat giggel en selfs skater, is die video van arme Marelize wat moes leer fietsry op die skool se rugbyveld. . . Lees meer oor die fliek wat binnekort kom hier.

10. Vanjaar se Wimbledon weer uit die boonste rakke - kyk watter bekendes het eindstryde bygewoon

Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Nie net is die tennis - veral vanjaar - uit die heel boonste rakke nie, maar dit is lekker om te sien watter bekendes die eindstryde bywoon, wat hulle aangetrek het en hoe hulle, net soos die res van ons, ook naels byt en saam fluit vir die spelers. Kyk die mooi foto's hier.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM