Wys Volksblad wat in jou wêreld aangaan.
Gee jou kreatiwiteit vrye teuels en stuur foto’s aan Volksblad van dít wat jou oog tref, jou hartsnare roer of jou die josie in maak. Dit kan swak dienslewering wees, iemand wat ’n verskil in jou gemeenskap maak, protesoptogte of die natuurprag.
Of dit nou die kleure van ’n sonsondergang, ’n hartroerende gemeenskapsprojek of ’n unieke gebeurtenis is – neem dit af en deel dit met ons.
Foto’s moet verkieslik groter as 1 MB wees. Verskaf ’n kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is. Gee ook die fotograaf se naam, van en woongebied, asook kontakbesonderhede (dit word nie gepubliseer nie).
Stuur jou foto’s na lesersfoto@volksblad.com.










