Die dae is getel waar mense 'n "nie sleg nie, maar onthou waar hullegebou is"-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in diemis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaansemotorvervaardigers al dekades gelede die belediging afgeskud het.
Toetsbestuur gerus een van die nuwe modelle van Chinese handelsmerkesoos Haval, Chery of GWM as jy my nie glo nie. Die waarde vir geld en waarborgis nie net die beste in die klas nie, maar die motors self is goed gebou met aldie gehalteafwerkings van meer tradisionele luukse handelsmerke.
Neem nou maar die GWM Tank, 'n behoorlike 4x4 gebou op 'nleerraamonderstel, met 'n laestrekratkas en 'n elektroniese ewenaarslotagterlangs. Die Tank is 'n gedugte veldryer wat nie een tree hoef terug testaan vir duurder motors soos die Jeep Wrangler en Land Rover Discovery Sportnie.

Die retro vierkantige ontwerp van die Tank, met sy noodwiel op dieagterste deur gemonteer, is hoog in die mode danksy die Mercedes-Benz G-Wagon,die Suzuki Jimny en die Ford Bronco (wat ongelukkig net met die stuur aan dielinkerkant vervaardig word en dus nie hier gekoop kan word nie).
Ons het met die Tank se bekendstelling in die stad, op die snelweg,grondpaaie en 'n tegniese 4x4-roete by die De Wildt-natuurpark in Noordwesgery. Toe was die enigste beskikbare model die Tank 300 HEV met 'n hibriedeenjin ('n 2.0l-turbopetrolbygestaan deur 'n elektriese motor en 'n negespoed- outomatiese ratkats).
Goedkoper, suiwer petrolenjinmodelle is later vanjaar op pad. Maar die 300 HEVis werklik indrukwekkend - veel meer as net die indrukwekkendste Chinese motorwat ons tot dusver bestuur het.
In die stad en op teer is die Tank maklik en gerieflik omte bestuur, met naatlose ratwisselinge en 'n sterk enjin wat van 0 tot 100km/h in minder as 10 sekondeskan versnel. Dis weliswaar nie regtig 'n tenk nie, maar dit bly steeds 'n groot motor met bakrol as jy te vinnig deur 'n draai wil jaag.

Die binneruim sal beslis nie ontuis wees in 'n voertuig wat meer as R1miljoen kos nie. Dit het luukse leersitplekke, 'n 12 duim-raakskerm watsaamgesels met Apple Car Play en Android Auto, 'n Harman Kardon-klankstelselmet nege luidsprekers, 'n sondak en verhitte stuurwiel.
Die vlak van standaardtoerusting in die motor is besonders, metLED-hoof- en agterligte, parkeersensors en 'n verskeidenheid kameras regrondom, 'n dubbelklimaatbeheerstelsel, aanpasbare kruisbeheer en sewe lugsakke(die Australiërs het die Tank 'n vyfster-veiligheidsgradering gegee) - die lysis nog veel langer.
Ná 'n paar dae in die Tank het ek tot die besef gekom ek hou van diemotor vir al die regte petrolkopredes, nie net omdat dit uitstekende waarde virgeld is nie. My enigste kommer sou wees om die grens na 'n buurland oor testeek en iets loop skeef.
Gaan daar iemand met die tegniese vaardigheid en toerusting wees wat dieTank kan regmaak? Dis nie asof daar 'n GWM-handelaar met noodwiele enwerktuigkundiges op elke groot dorp in Namibië of Botswana is nie, soos wat weldie geval met Toyota is.
Maar gegewe die koers waarteen die Chinese uitbreiding in Afrikavoortsnel, is hierdie een bron van kommer dalk binnekort nie meer relevant nie.En dan gaan ons sommer 'n oormag Tanks op die pad sien.






















